Baviaans, ‘blessing’ en ’n ‘bicycle shop’

2018-09-20 06:02
’n Klompie “klein wonderwerkies” het onlangs fietsryer Conrad Pretorius van Jeffreysbaai se geloof in die mensdom ’n hupstoot gegee toe hy homself en sy fietsry-makker, Adriaan Roodt, ’n jaar voor die beplande tyd skielik in die Transbaviaans 2018 resies bevind het. Foto: VERSKAF

’n Klompie “klein wonderwerkies” het onlangs fietsryer Conrad Pretorius van Jeffreysbaai se geloof in die mensdom ’n hupstoot gegee toe hy homself en sy fietsry-makker, Adriaan Roodt, ’n jaar voor die beplande tyd skielik in die Transbaviaans 2018 resies bevind het. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Klompie “klein wonderwerkies” het onlangs fietsryer Conrad Pretorius van Jeffreysbaai se geloof in die mensdom ’n hupstoot gegee toe hy homself en sy fietsry-makker, Adriaan Roodt, ’n jaar voor die beplande tyd skielik in die Transbaviaans 2018 resies bevind het.

Sy plan was om volgende jaar die yslike afstand van 230km aan te pak nadat hy eers deeg-lik beplan en begroot het. Toe hy egter onlangs op ’n koue Dinsdag, 7 Augustus in East Coast Cycles instap, het ’n verrassing op hom gewag wat ’n hele string “toevallighede” aan die gang gesit en hom uit sy gemaksone tot binne-in die resies laat beland het.

Met ’n skoenveter-begroting was hy op soek na nuwe fietsbande toe hy in die winkel sy oefenmaat raakloop. Kevin Taljaard van die fietswinkel maak toe aan hulle ’n voorstel wat geen rasegte fietsryer kan weier nie – wil hulle nie aan die Transbaviaans 2018-resies deelneem nie? Die kaartjies was klaar betaal, maar die deelnemers moes kop uittrek. Die twee moes net sorg dat hulle op Vrydag, 10 Augustus in Willowmore aanmeld, die name verander en die veranderingsfooi betaal.

Wetende dat hul vroutjies dalk nie gelukkig sou wees met die skielikheid van alles nie en dat dit miskien baie geld kon kos, het die twee entoesiaste nietemin dadelik ingestem. Hul ywer was so aansteeklik dat hulle ander helftes nie kon weier nie.

Maar hulle moes ’n paar ander berge blitsig oorkom: Watter soort warm klere dra jy? Conrad se fietsbande was steeds gedaan. Sy saal was nie op peil nie. Was hulle fiks genoeg vir die lang resies? Waar slaap hul die Vrydagaand voor die resies? Hulle fietse was nie standaardtoerusting vir dié resies nie. Die remstelsel was nie reg nie. Hulle het die regte ligte gekort. Hul broeke het nie die regte opvulsel vir die lang pad gehad nie.

Toe, uit die niet, gaan ’n wolk van guns oor hulle oop: Conrad kry twee byna nuwe bande geleen. Sy spanmaat leen ’n lig met ’n batterypak by dieselfde weldoener. Iemand skenk twee reënbaadjies en koop vir Conrad ’n koplamp. Op Willowmore was geen oornagplek in die woonwapark nie, maar die aangename eienares bied slaapplek op hul plaas aan.

“Ons het met tonne “blessings” die Transbaviaans 2018 voltooi,” vertel Conrad. “Die pad was vir die eerste keer in ’n lang tyd geskraap en ons het van begin tot einde die wind van agter gehad.

Én die rekord is verbeter!

“Ek het regtig nie gedink soiets sal in my lewe gebeur nie. Maar dit hét gebeur en ek is ons hemelse Vader ewig dankbaar vir dié en ander miljoene seëninge wat Hy elke dag op ons uitstort.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.