Baviaans se toeriste juweel

2016-07-21 06:00
Smul aan die heerlikste roosterbrood by Vero’s Restaurant geleë op die T1 in die Baviaanskloof. Foto’s: MONIQUE BASSON

Smul aan die heerlikste roosterbrood by Vero’s Restaurant geleë op die T1 in die Baviaanskloof. Foto’s: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VAT die kronkel grondpad na die Baviaanskloof . . . ry deur die Nuwekloofpas - die amptelike ingang na die kloof - verby Raaskrans, die Baviaanskloof-sleutel en twee geroeste motors van vervloë jare wat langs die pad waghou.

Net voor jy Klipvenster en die Sewe Dwergies kry, daar op die draai by Vero’s Restaurant, hou by die winkel met die plante op die dak stil en gaan loer in.

Baviaansbesoekers kry hier handgemaakte produkte wat van leertasse en unieke braai-roosters tot Karoo-engele en klipjuwele insluit: die produkte van handwerk-kunstenaars in die groter Baviaans-munisipale distrik - van Steytlerville, deur Willomore na Rietbron, Vondeling en die Baviaanskloof.

Dié winkeltjie, die Baviaans Craft-winkel, is in 2011 deur die Baviaans-munisipaliteit op die been gebring en is deel van ’n plaaslike ekonomiese ontwikkelingsprojek om kunstige en vlytige handwerkers van die distrik op te lei.

Loop oor die pad na Vero’s Restaurant, en smul aan die heerlikste roosterbrood met heuning van Bo-kloof en ’n koppie egte boeretroos by die bankie onder die bome langs al die klippe, vetplante in blikkies, verlore wieldoppe en ’n paar bobbejaanskedels.

Veronica, bestuurder van die BaviaansCraft-winkel, en tant Mieta Meganie bedryf dié toeriste-juweel sedert 2005 vanuit hul ne-derige informele huis en lok jaarliks honderde besoekers.

As ’n mens eers jou tande diep in die roos-terkoek wegslaan en die heuning drup by jou mondhoeke uit, verstaan jy presies wáárom die eenvoudige plek so gewild is. Die stilte omvou jou, en net so af en toe hoor jy ’n bok na sy maat roep.

Volgens Veronica het soveel toeriste by hul huis gestop vir iets om te eet of te drink. “Ek kon hulle mos nie met ’n leë maag of droë keel wegstuur nie.” En so is Vero’s gebore.

“Die restaurant het al ons verwagtinge oortre,” sê sy. “Gedurende Desember-vakansies word ons deur besoekers oorval.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.