Baviaanskloof gesluit weens hael

2018-01-25 06:00
Een van die dele waar die rivier oor die pad spoel in die Baviaanskloof-natuurreservaat. Foto:CHRIS LAMPRECHT

Een van die dele waar die rivier oor die pad spoel in die Baviaanskloof-natuurreservaat. Foto:CHRIS LAMPRECHT

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Hael- en reënstorm het die Baviaanskloof-natuurreservaat sy hekke tydelik laat sluit.

Die natuurreservaat se hekke is Maandag-oggend vir alle besoekers gesluit nadat die sluise van die hemele Sondag ’n paar uur lank oor dié reservaat tussen Patensie en Willowmore oopgemaak het.

“Ons bevestig die Baviaanskloof-wêreld-erfenisgebied is tydelik gesluit. Die sluiting is as gevolg van die donderstorm in die boonste opvangsgebied van die Baviaanskloofri-vier, wat nou in ’n vloed ontaard het,” het Oyanga Ngalika, woordvoerder vaqn die Oos-Kaapse Parke- en Toerisme-agentskap, gesê.

Magriet Kruger, mede-eienaar van Zandvlakte, wat aan die reservaat grens, sê die pad van Willowmore tot by hulle is wel oop, maar reën het die paaie erg verspoel. Sy sê by hulle het slegs sowat 15 mm geval, maar die meer as 50 mm reën in plekke soos Nu-wekloof en Studtispoort het gesorg dat die rivier weer loop.

“Dit was knellend en skokkend droog. Sondag se reën was ’n vinnige hael- en donderstorm. Die droogte is nie gebreek nie, maar die reën het verligting gebring,” sê Kruger.

Sy sê dit het laas in 2015 werklik in die kloof gereën.

“Die diere vrek, die bobbejane eet die bas van die bome af, want daar is nie ander kos nie en dan vrek die bome ook. Die karkasse is orals, dit is nie lekker om te sien nie. Maar ons glo daar kom nog reën en is hoopvol; die wolke hang laag.”

Rob le Roux, eienaar van Baviaans Lodge, het ondanks sy skade die reën verwelkom.

Hy meen dit het minstens 150 mm in die Kouga-berge gereën, en die water het in vloed by sy gastehuis afgekom.

“My piekniek- en kampeerterrein, asook houtvoorraad van omtrent R200 000 is alles deur die reënwater weggespoel. Ek glo dit dryf nou al seker iewers in die Kouga-dam,” sê Le Roux.

Hy sê die rivier naby sy lodge loop regstreeks in die Kouga-opgaardam in en hy glo die reënbui, wat Sondagaand vyf uur lank geduur het, sal goeie watervoorraad voor- sien.

Met die rivier in vloed, het Le Roux ook gespook om sy gaste veilig uit die kloof te kry sodat hulle betyds ’n interna­sionale vlug kon haal. “Ondanks die skade en gesukkel om gaste veilig oor die rivier te kry, is die reën ’n ongelooflike mooi gesig om te sien.”

Ngalika het die publiek verseker dat die reservaat weer oor die volgende paar dae oopgemaak sal word die oomblik dat dit vei-lig is.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.