Baviaanskloof-ouers kwaad oor vervoer

2016-04-28 06:00

TALLE ouers van leerlinge aan die Laerskool Zaaimanshoek in die Baviaanskloof bal hul vuis teen die Departemente van Onderwys en Vervoer oor die “onbekende gesig” wat hul kinders ná en van die skool moet vervoer.

Leerlinge van dié skool, wat van die Oos-Kaapse skolevervoerstelsel gebruik maak, is in Januarie glo ‘verras’ met ’n nuwe diensverskaffer sonder dat ouers hieroor ingelig is.

Die vorige kontrakteur, Nikolaas Grootboom, inwoner van Baviaanskloof, se kontrak is glo ingeperk om plek te maak vir ’n nuwe diensverskaffer, wie se naam onbekend is en glo sowat 100 km buite die dorp woon.

“Op die plaas leer ons ons kinders om nie in vreemdelinge se voertuie te klim nie,” sê Marion Grootboom, ’n ouer wie se kind in gr. 3 by dié skool is. “Hoe durf die departement [van vervoer] sommer net my kind se lewe aan ’n vreemdeling toevertrou? Hy weier om sy voete in dié nuwe bussie te sit van ’n oom wat hy nie ken nie.”

Altesaam 7 801 leerlinge in die provinsie wat meer as 5 km van die skool woon, maak gebruik van die skolevervoerstelsel – ’n inisiatief van die departement van vervoer en dié van onderwys. As dit nie vir dié gesubsidieerde bussies was nie, sou dié leerlinge in die Baviaanskloof tussen 25 km en 75 km tot by die skool moes stap.

Talle klagtes later aan die departemente van vervoer en onderwys, stop ouers maar weer hul kinders in die “ou, bekende” Grootboom-bussies – sonder dat hy hiervoor betaal word.

Die ouers beweer ook dat die nuwe operateur nie ’n bewys van sy vervoerpermit kon toon nie.

“Ons het talle vergaderings met hoofde, di-striksamptenare en selfs amptenare by die departement hieroor gehad, maar almal was nou hul hande in onskuld,” sê Henry Blouw, voorsitter van die Ouerkomitee. “Hoe gee ’n mens ’n tender aan iemand wat nie aan al die nodige vereistes voldoen nie? Ons is gereed om die amptenare voor die hof te daag. As ons kinders se veiligheid nie vir húlle belangrik is nie, moet hulle verstaan dis vir óns ’n noodsaaklikheid.”

Mali Mtima, provinsiale woordvoerder oor Onderwys, het navrae hieroor na die Departement van Vervoer verwys. “Ons mandaat is om die name van die leerlinge wat vervoer nodig het, te verskaf,” sê hy.

Ncedo Kumbaca, woordvoerder van die Departement van Vervoer, sê hulle sal ondersoek na die klagtes instel.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Zuma's pal and the top cop

2017-12-13 13:54

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content this holidays

Christmas is coming a little early this year...

 
 

You won't want to miss...

5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.