Bejaarde aangerand op plaas in Oos-Kaap

2018-03-29 06:02
Manie Kleyn ná die aanval op Sondag.                          Foto:VERSKAF

Manie Kleyn ná die aanval op Sondag. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n BEJAARDE man van Joubertina in die Oos-Kaap is beseer toe hy Sondag helder oordag op sy plaas aangerand is.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê dit was nie ’n plaasaanval nie, maar ’n huisrooftog.

Volgens haar het ’n verdagte vir Manie Kleyn (74) omstreeks 08:30 dié dag in sy huis oorval en met ’n voorwerp oor die kop ge-slaan.

“Die verdagte het Kleyn se vrou se handsak gegryp en weggehardloop,” sê Swart.

Sy sê sy het nie enige verdere besonderhede oor die voorval nie.

Intussen het ’n foto van Kleyn, blykbaar ’n oudpolisielid van Port Elizabeth, met ’n bebloede gesig die ronde op sosiale media gedoen. In dié foto op Facebook staan Kleyn met ’n bloederige en opgeswelde neus met ’n pleister bo-oor geplak. Sy regteroog is potblou.

Sy broer, Francois Kleyn, het die foto Maandag op sy Facebook-blad gelaai met die onderskrif: “My broer aangeval op sy plaas in die Oos-Kaap, Joubertina.” Dié foto is spoedig deur Facebook-gebruikers op verskillende groepe gedeel, waarop talle boodskappe van simpatie ingestroom het.

Kleyn se vrou is nie in die voorval beseer nie. Die polisie ondersoek ’n klag van huisroof.

Die Burger kon nie Kleyn se broer vir kommentaar bereik nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.