Bekende Humansdorper oorlede

2016-07-28 06:00
Kosie Raubenheimer. Foto: VERSKAF

Kosie Raubenheimer. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KOSIE Raubenheimer, ‘n alombekende inwoner van Humansdorp, is op 19 Junie vanjaar op ouderdom 87 jaar in die dorp oorlede.

Hy is op 16 Maart 1929 op die plaas, Witte-klip, in die Suurveld gebore. Hy het sy skool-opleiding by die ou Hoërskool Humansdorp voltooi, waarna hy na sy geboorteplaas teruggekeer het. Na sy huwelik met Ria, ‘n Baaise nooi, het hy tot 1961 geboer. Dit was die dae van die plaastelefoon (“Nommer, asseblief!) met sy gereelde kwota inluisteraars!

Hy het toe as werktuigkudige vir Volkswa-gen en daarna Mercedes gewerk. Hy was be-kend vir sy deeglike, betroubare werk.

Kosie het deur die jare ‘n bekende skietkommandolid en skut geword. Dit het deur sy are gevloei en hy het gereeld aan Bisley-kompetisies deelgeneem. So het hy ‘n groot vriendekring opgebou, en aan ander goed gedoen sonder om dit aan die groot klok te hang. Hy was NG Kerk-ouderling, ‘n toegewyde le-ser en stapper.

Die tweestuks was kort voor sy dood sestig jaar getroud en het drie kinders. Die ouerpaar is dekades lank al in Ons Tuiste-aftreeoord, waar Kosie ook oorlede is.

Hy laat ‘n leemte wat nie maklik gevul sal word nie.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.