Bekende regsman oorlede

2018-11-29 06:03
Jimmy Boyens, bekende en geliefde prokureur van Jeffreysbaai, is verlede Woendagdagoggend om 0:30 in die intensiefsorgeenheid van Greenacres-hospitaal in Port Elizabeth oorlede.  Foto:VERSKAF

Jimmy Boyens, bekende en geliefde prokureur van Jeffreysbaai, is verlede Woendagdagoggend om 0:30 in die intensiefsorgeenheid van Greenacres-hospitaal in Port Elizabeth oorlede. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

JIMMY Boyens, bekende en geliefde prokureur van Jeffreysbaai, is verlede Woendagdagoggend om 0:30 in die intensiefsorgeenheid van Greenacres-hospitaal in Port Elizabeth oorlede.

Hy was vir ’n geruime tyd ongesteld en het aan komplika-sies van die niere gesterf.

Jimmy, oudste kind van wyle pastoor Jim en Joekie Boyens, is op 12 April 1951 in Klerksdorp gebore. Hy het by die Hoër Volkskool in Heidelberg Transvaal gematrikuleer, omdat hy daar Latyn as vak studeer het. Sy droom was altyd om by die regte betrokke te wees.

Ná matriek het hy by die destydse RAU vir die graad B.Irus ingeskrywe en dit daarna by die Universiteit van Potchefstroom voltooi. In 1974 het hy ’n pos as staatsaanklaer in Meyerton aanvaar. Hy is kort daarna bevorder tot streekhofaan-klaer in Vereeniging en is later daar as landdros aangestel. Hy was vir twaalf jaar in diens van die Departement van Justisie.

Sy droom was egter om as prokureur te praktiseer, en hy het die staatsdiens bedank waarna hy sy klerkskap in dieselfde dorp voltooi het. Hy het ook daar sy eerste prokureurspraktyk begin. Na ’n besoek aan Jeffreysbaai in 1994 het hy en sy vrou hierheen verhuis en het hy as prokureur begin praktiseer.

Volgens sy broer, Danny, het sy koshuisjare in Heidelberg een goeie uitkoms gevolg: hy was in dieselfde koshuiskamer as Roeld Deysel. Dié se oulike suster, Alet, het die alleenjare in Heidelberg in vrolikheid verander, en Jim het op 23 met haar in die huwelik getree.

Jimmy se unieke humorsin en diep deernis met mense is wyd bekend. As ernstige Christen het hy soms meer geestelike as regswerk in sy kantoor verrig. Daar het hy mense wat wou skei, geadviseer en hulle is as gelukkige egpare daar uit. Dikwels het hy sommer ook vir mense gebid en hulle gehelp om van hulle onsekerhede ontslae te raak en die Here te vind.

Sy ruimhartigheid het gemaak dat baie kliënte nooit konsultasiefooie betaal het nie, en hy het dikwels gratis regs-hulp verleen.

Verskeie van sy familielede, onder andere sy suster en seun, het die regsberoep gevolg. Sy vrou was ’n sterk faktor in sy lewe en praktyk en het die algemene gang van sake in sy kantoor ordelik hanteer.

Hy laat sy vrou, ’n dogter en ’n seun na.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.