Ben Crouse blaas fluitjie by Olimpiese Spele

2016-05-12 06:00
Oos-Kapenaar Ben Crouse is op ’n paneel van 12 blasers wat die rugby-sewestoernooi van 9 tot 11 Augustus sal behartig.    Foto: VERSKAF

Oos-Kapenaar Ben Crouse is op ’n paneel van 12 blasers wat die rugby-sewestoernooi van 9 tot 11 Augustus sal behartig. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY het op die strande van Jeffreysbaai begin skeidsregter speel, en nou, 16 jaar later, is hy oppad na die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brazil waar hy as skeidsregter gaan optree.

Oos-Kapenaar Ben Crouse is op ’n paneel van 12 blasers wat die mans se rugby-sewes-toernooi van 9 tot 11 Augustus sal behartig. Spanne van twaalf lande sal tydens die toernooi kragte meet.

Sy aanstelling is vir hom ’n besondere eer.

“Dit was ’n ongelooflike ervaring om te hoor dat ek deel van die uitgesoekte paneel is,” sê Crouse wat as sesjarige al agter ’n rugbybal aangehardloop het. Hy het toe reeds geweet dat die sport nie net ’n speletjie is nie. “Ek was toevallig in Hong Kong saam met agt van die ander skeidsregters wat na die Olimpiese Spele gaan. Ons is soos broers en ondersteun mekaar. Dit was besonder spesiaal om dié aankondiging saam met hulle te deel.”

Volgens Crouse is dit die eerste keer dat ’n rugby-sewestoernooi tydens die Olimpiese Spele aangebied word. “Dit maak dit meer van ’n besondere prestasie om een van 12 skeidsregters wêreldwyd te wees, wat die voorreg het om deel van die geskiedkundige gebeurtenis te wees.”

Crouse is ’n bekende gesig op die rugbyveld. Van sy grootste wedstryde sluit in die Wêreld-reeks Sewestoernooi in Hong Kong waar hy vir die afgelope twee jaar plaatfinale blaas. Nóg ’n mylpaal wat hom na aan die hart lê, is sy eerste Curriebeker-wedstryd in 2014.

Volgens Crouse, wat in ’n rugby-mal huis grootgeword het, was hy altyd baie ernstig oor sy rugby en wou dit ver bring, maar het nooit gedink dat dit sy loopbaan sou word nie.

Hy het tydens sy gr 11-skooljaar in 2000 by die OP Rugby Skeidsregtersvereniging aan-gesluit. “Ek het in my eerste twee jaar baie min geblaas, en het gedurende Desember-va-kansies by die JBay Touch-rugbytoernooie op die hoofstrand in Jeffreysbaai die fluitjie geblaas.

“My eerste volwaardige wedstryd as skeidsregter was ’n onder/15C-wedstryd op die Newton Technikon se velde.”

Crouse vertel hy sal graag nog tydens Super Rugby-wedstryde wil blaas, maar eers fokus hy op die sewestoernooi en die pad na Rio de Janeiro. “Ek wil verseker dat al die aspekte van my skeidsregterskap die heel beste is.”

Volgens Crouse is die heel moeilikste van sy beroep om sy werk en gesin te balanseer.

“Familie bly natuurlik die belangrikste,” sê hy. “Ek sien die afgelope 30 maande die pragtigste dame wat my so goed ondersteun en motiveer. Sy het ’n seun van vyf jaar, en ek het ’n pragtige prinsessie wat nege word.”

As Coetzer nie ’n skeidsregter was nie, sou hy graag ’n professionele gholfspeler wou wees.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.