Beslissende leierskap maak die verskil

2018-02-15 06:01
Garth Jacobs (47), kringbestuurder en voormalige senior onderwys-spesialis vir Arbeidsverhoudinge van die Sarah Baartman Onderwysdistrik, neem sedert 1 Januarie as administrateur by die Jeffreysbaai Hoërskool waar.                              Foto:MONIQUE BASSON

Garth Jacobs (47), kringbestuurder en voormalige senior onderwys-spesialis vir Arbeidsverhoudinge van die Sarah Baartman Onderwysdistrik, neem sedert 1 Januarie as administrateur by die Jeffreysbaai Hoërskool waar. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

GARTH Jacobs (47) vee ingedagte oor sy don-kerrooi das . . . dankbaar, maar ook be-skroom.

Hy besef hoe groot taak dit is om die Jeffreysbaai Hoërskool van ondergang te red - dié plat-op-die-aarde Karoo-boorling met ’n indrukwekkende Curriculum Vitae.

In sy oë is ’n doelgerigtheid om te dien. Toewyding, baie opoffering van die onderwysers, empatie met die kinders se omstandighede en dissipline is bestanddele van sy suksesresep.

Jacobs, kringbestuurder en voormalige senior onderwys-spesialis vir Arbeidsverhoudinge van die Sarah Baartman Onderwysdistrik, neem sedert 1 Januarie as admini-strateur by die Jeffreysbaai Hoërskool waar.

Sy rol: om die sukkelende instansie binne ’n halfjaar stabiel en funksionerend te kry nadat dit begin agteruitgaan het - skaars maande na die amptelike opening in April 2015. ’n Groot uitdaging, maar een waarvoor dié oud-onderwyser en -skoolhoof beslis kans sien.

Die grootste uitdaging? Dissipline. Die oplossing? Beslissende en konsekwente leierskap.

“Die leerders, sowel as onderwyers, het beslissende leierskap nodig. Iemand wat die leisels kan neem en konsekwent is,” sê Jacobs wat in korrektiewe dissipline glo. “Benewens dissipline, is die groot taak om die nuwe administratiewe doelstellings by die leerders in te dril. Die een dag gee ons twee tree vorentoe, en een tree terug. Die volgende dag is dit weer drie tree vorentoe. Dan sit die maan sleg, en alle pandemonium breek los.

“Die onderwysers is almal 100% agter die regruk van die skool. Almal is bereid om die ekstra myl te loop.”

Tree in die regte rigting

Sedert sy eerste dag by die skool, het Jacobs reeds groot treë in die regte rigting gegee.

Elke leerder het toegang tot ’n handboek - ’n groot kopseer in die verlede. Nagenoeg 250 eksamentafels en 300 stoele is by die skool afgelewer, en twee nuwe onderwysers is aangestel.

Die skool se missie en visie het ’n ontrimpeling ondergaan: dié is nou meer doelgerig en haalbaar. Verder is ’n kompetisie geloods om ’n skoollied te vind - ’n nuutjie vir die skool.

Jacobs glimlag breed: “Dinge is besig om te gebeur. Nie omdat ek by die skool is nie, maar omdat die Sarah Baartman Onderwysdistrik dié skool as ’n prioriteitskool verklaar het.

“Ons is stadig, maar seker, besig om alles te kry wat die skool nodig het om optimaal te funksioneer.”

Onderrig

n Week voor die skooljaar amptelik begin het, het al 45 matriekleerders - die skool se eerste matriekklas - in volle uniform by die skool aangemeld. Gereed om die jaar te begin.

Om te verseker dat die leerders optimale onderrig ontvang, woon hulle daagliks ekstra klasse na-ure by.

Die doelwit? ’n 100%-slaagsyfer.

“Dít is nie onderhandelbaar nie,” sê Jacobs.

Vasbeslote dat elke leerder kwaliteit-onderrig ontvang, skryf hulle weekliks ’n toets per vak. So word nie net die gehalte van onderrig getoets nie, maar ook hul kennis.

Sport en kultuur

Nóg ’n eerste vir die skool is die aktiewe deelname aan sport: atletiek, rugby, sokker, netbal, gemengde vegkuns, stap, landloop en skaak.

Kultuur geniet ook voorkeur. Die skool spog sedert Januarie met ’n junior en senior koor, en drama-leerders bring binnekort hul eerste produksie op die planke.

Rekenaarklasse, vaardigheidsontwikkeling en bestuursklasse word binnekort aangebied.

Volgens Jacobs streef hy na ’n 70% tot 80% deelname aan die buitemuurse aktiwiteite.

“Dit is ’n groot heuwel om te klim, maar ons vat dit dag vir dag - ons eet die spreekwoorde-like olifant in klein porsies,” sê Jacobs.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.