Besoek aan tandarts ontaard in nagmerrie

2016-05-12 06:00

’n Vrou oorweeg regstappe ná ’n nagmerrie-ondervinding by ’n tandarts wat haar glo soos ’n hond weggejaag het.

Die tandarts van Jeffreysbaai het haar glo in gekruide taal weggejaag toe sy vir die so-veelste keer sy spreekkamer in Da Gamaweg naby Checkers besoek het, om haar stukkende valstande vir eens en vir altyd te herstel.

Volgens Martie Paddock het die tandarts verlede week op haar geskreeu dat hy haar en haar valstande nooit weer wil sien nie.

“Ek het vir hom gesê dat ek dit nie daar gaan laat nie, en koerante toe sal gaan; waarop hy geantwoord het ek moet doen wat ek wil en die deur in my gesig toegeslaan het – weer eens met ’n paar byvoeglike naam- woorde wat ek eerder nie sal herhaal nie,” vertel sy. “My geld was goed genoeg om te vat, maar nou wil hy nie my tande regmaak nie - tande wat hy gemaak het.”

Paddock se stryd het begin toe sy haar splinternuwe valstande vier jaar terug by die tandarts gekry het, maar dit dadelik moes terugvat, omdat dit haar so seergemaak het.

“Ek was nagenoeg 15 keer by sy spreekkamer, maar die tande wou net nie reg pas nie. Al my klagtes oor my nuwe tande het op dowe ore geval. Ek het later moed opgegee en besluit om maar so te loop,” sê Paddock.

Net toe sy gedink het sy hoef nie weer gou ’n tandarts te besoek nie, breek haar tande ‘tandvleis en al’ middeldeur toe sy nog so lekker kou. “Ek het my boeglam geskrik.”

Weer eens was dit terug na die tandarts. “Hy het in Januarie ’n plaatjie ingesit om dit te versterk, maar dié het ook nie lank gehou nie,” sê Paddock.

“Ek was aan die einde van April terug na hom, maar toe ek my valstande ’n paar dae later wou gaan optel, prop hy die steeds stukkende tande in my hand en jaag my soos ’n sleg hond weg. Ek sou dit nog verstaan as ek nie vir die herstelwerk wou betaal nie, maar dit is glad nie die geval nie. Inteendeel, ek het vantevore vir die herstelwerk aan my vals-tande betaal.”

Paddock se man, James, het ten einde laaste ’n buisie gom gaan koop en self haar vals-tande aanmekaar geplak. Sover hou dit nog.

Paddock oorweeg nou om die tandarts by die Mediese Raad aan te gee.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.