Bl.3

2018-03-29 06:01
: ’n Verdagte (30) is Sondagaand in hegtenis geneem in verband met die wrede aanval en verkragting van ’n vrou van Hankey in die Oos-Kaap. Kaptein Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die verdagte is omstreeks 22:30 deur die polisie se provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad in Hankey aangekeer. Hy het Dinsdag in die landdroshof verskyn op aanklagte van roof, poging tot moord, verkragting, die rig van ’n vuurwapen, aanranding met die doel om ernstig te beseer, diefstal en ontvoering. “Die verdagte is weens onvoldoende getuienis vrygelaat. Verdere leidrade word opgevolg,” het Swart gesê.Hankey-inwoners het by die landdroshof bymekaar gekom om die slagoffer te ondersteun, asook in protes teen plaasaanvalle. Sien bladsy 3 vir die volledige berig.  Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Verdagte is Sondagaand in hegtenis ge-neem in verband met die wrede aanval en verkragting van ’n vrou van Hankey in die Oos-Kaap.

Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê die 30-jarige man is omstreeks 22:30 deur die polisie se provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad in Hankey aangekeer.

Hy het Dinsdag in die Landdroshof verskyn op aanklagte van roof, poging tot moord, verkragting, die rig van ’n vuurwapen, aanranding met die doel om ernstig te beseer, diefstal en ontvoering.

“Die verdagte is weens onvoldoende getuienis vrygelaat. Verdere leidrade word opgevolg,” sê Swart.

Dit volg nadat die verdagte gloVrydagaand kort voor middernag ’n 44-jarige vrou op ’n plaas buite die dorp in die laerug geskiet en vermoedelik voor haar drie kinders verkrag het.

Die gewonde vrou is hierna gedwing om met die aanvaller in haar motor dorp toe te ry sodat hy met haar kredietkaart by die kitsbank kon geld trek. Sy het glo by die kitsbank vir die man gesê sy sou in die kar vir hom wag totdat hy klaar die geld getrek het. Sy het toe vir hom weggejaag, het ’n betroubare bron aan Die Burger gesê.

Die vrou is terug plaas toe waar haar kinders gewag het.

Die bron sê die vrou se man was die naweek op ’n jaguitstappie. Die vrou het saam met haar kinders gesit en televisie kyk toe die aanvaller “al skietende” by die televisiekamer se skuifdeur ingestorm het.

Die man het glo aan die vrou geskree dat hy woedend is omdat haar man hom afgedank het en dat hy “hulle gaan afslag”.

Hy het die vrou toe deur die lae rug geskiet en die kinders met draad vasgebind, waarna hy haar verkrag het.

Die bebloede vrou het vir die man gevra of hy geld soek, waarna hulle dorp toe is.

Volgens die bron is die Gamtoosvallei se inwoners “geweldig geskok” oor die voorval. “Ons het ’n uitstekende verhouding met ons werkers. Dit is onverstaanbaar waarom dié man ’n wrok sou koester. Niemand weet waarom hy afgedank sou gewees het nie.”

Die bevelvoerder van die polisiekantore wat onder die Humansdorp-gebied val, brig. John Lebok, het die span speurders vir hul toewyding en vasberadenheid geloof.

“Ons is ook dankbaar vir gemeenskappe wat na vore kom en inligting aan die polisie gee,” het hy gesê.

Volgens kapt. Swart was die voorval nie ’n plaasvaanval nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.

Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.

Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.