Bloed vloei in Astonbaai toe booswigte toeslaan

2019-02-21 06:01

’n 67-jarige inwoner van Astonbaai is in die hand gewond toe drie inbrekers, van wie een gemasker was, om ongeveer 01.30 verlede Donderdag by haar en haar 70-jarige man se huis in Dolphinrylaan ingebreek en haar met messe toegetakel het.

Die vrou wat nie hul name gepubliseer wil hê nie, het gaan ondersoek instel toe hul alarm vroeg die oggend ’n waarskuwingsein gegee het, maar nie afgegaan het nie weens ’n kragonderbreking.

Toe sy in die sitkamer op die diewe afkom, het hulle haar teen die grond geslinger en met ’n mes begin steek. Hulle het haar met soveel geweld aangeval dat haar een tand afgebreek het. Sy het gegil, probeer om die mes met haar hand af te weer en het ernstige wonde aan haar vingers opgedoen.

Haar seun het kom help, maar hulle is albei deur die mans gedreig en na die egpaar se slaapkamer gedwing. Daar het hulle al drie met ’n rewolwer teen die kop en messe aangehou en die kluis se sleutels geëis. Hulle het ’n .22 pistool (ou erfstuk), twee Samurai-swaarde, selfone, ’n skootrekenaar en juwe-liersware geroof. Daarna het hulle die res van die huis deursoek en laat spaander.

Terug in die slaapkamer het die ouer man (wat met krukke beweeg) ’n rewolwer wat versteek was, uitgehaal. Die een inbreker het intussen teruggekeer, die voordeur oopgedwing en teen die slaapkamerdeur kom hamer, waarop die vader van die huis twee skote deur die deur geskiet het. Dit het die man verjaag en hy het gevlug.

Die plaaslike polisie is na die huis ontbied, waar hulle vingerafdrukke by die venster op die boonste vloer en elders opgespoor, en ver-klarings afgeneem het. Hulle het die erf deursoek en buite op die sypaadjie op twee selfone afgekom wat die diewe in hul haas laat val het.

n Woordvoerder van Astonbaai-buurtwag wys daarop dat inwoners nie paraat genoeg is nie. Volgens hom vind lede van die buurtwag tydens nagtelike patrollies dat huisbewoners met oop patio-deure en vensters slaap. Een Astonbaaier het Donderdagmiddag erken dat hulle saans nie eens hul deure toemaak nie.

Die polisie versoek veral tweedehandse-ware winkels om uit te kyk vir die gesteelde goedere. Enigiemand met inligting kan die SAPS Jeffreysbaai kontak by 042 200 6800 of by die Crime Stop-nommer 0860 10111.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.