Bloedneus, die bielie van die Kouga-berge

2019-05-16 06:00
Wilna Lubbe, ’n stapper van die Baviaans Camino, het kans gesien om ’n entjie in Bloedneus te ry. Toe sy die sleutel draai, was die honde op die bakkie. Frikkie sit op die stoel langs haar. Foto’s:MARISKA SPOORMAKER

Wilna Lubbe, ’n stapper van die Baviaans Camino, het kans gesien om ’n entjie in Bloedneus te ry. Toe sy die sleutel draai, was die honde op die bakkie. Frikkie sit op die stoel langs haar. Foto’s:MARISKA SPOORMAKER

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MET sy skepping is hy Bosvark gedoop, omdat hy brullend sy weg deur die steiltes en riviere diep in die Kougaberge gevind het.

Toe, op ’n dag, is Bosvark benodig om twee vroue by Entkraal se Modderhuisie, nóg dieper in die Kougaberge, te gaan oplaai. Hulle was stappers op die Baviaans Camino wat weens erge blase op die voete nie verder kon nie.

Hulle het Bosvark gesien en uitgebars van die lag, vertel Leverne Barnard, “skepper” van hierdie unieke vierwielvastrapper. “Hulle het seker ’n gewone voertuig verwag. Maar hulle het opgeklim en toe ons al ’n hele ent verder gery het, sê hulle: Nee, hierdie kar se naam moet Bloedneus wees.”

Want, sou Leverne skielik rem trap, kan die passasier hom- of haarself bloedneus voor in die pad val, want Bloedneus het nie ’n windskerm nie. Trouens, hierdie saamgestelde wonderwerk op wiele – oorspronklik ‘n 1987 Isuzu-model - het géén venster van enige soort nie. Ook nie deure nie. Laat staan nog veilig-heidsgordels of enjinkap.

Die bak van die bakkie het lankal weggeroes, toe vervang Leverne dit met ‘n houtbak. Só stewig, vier mense én drie van sy honde kan maklik agterop sit. Frikkie, die vierde hond wat ook altyd saamgaan, is die een wat voor sit.

Meestal hardloop Frikkie vooruit in die pad; dis net so nou en dan dat hy tussen die twee verweerde sitplekke inskuif en sy snoet vorentoe uitsteek, ver verby die plek waar die windskerm moes wees.

’n Kar sonder enige ruit het nie plek vir n lisensie nie . . . is Frikkie die spietkop-bespieder?

Leverne vryf oor Frikkie se kop. “Nee wat, as hier ’n beampte kom, draai ons af in die bos.”

Maar ernstig, Bloedneus is net gebou vir plesier en plaaswerk. “Gebou” is eintlik verkeerd, “saamgestel” sal beter werk, want hierdie vastrapper is uit die flenterparte van baie ander motors gebou.

“As ek hierdie bakkie aanskakel, is die honde op. As ek te lank vat om aan die ry te raak, dan byt Frikkie die bande.”

Maar is hy nie bang dat Bloedneus eendag so in die ry sommer heeltemal sal deurroes nie?

Leverne vat aan Bloedneus se ingeduikte dak. “Nee wat, hierdie is regtig ’n betroubare kar - hy het my nog altyd huis toe gevat. Solank as wat ek lewe, gaan Bloedneus nog loop.”

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.