Boer maak hekke oop, sny drade dat diere kan vlug

2016-01-28 06:00
Dié lugfoto is Maandagmiddag geneem toe brandbestryders ’n laaste draai oor die gebrande gebied in St. Francisbaai gevlieg het. Vlamme het egter gister weer weens stormsterkwind naby Kaap St. Francis opgevlam en brandbestryders moes spook om brandpaaie te maak en die vlamme in bedwang te bring.                                                                   Foto: Laura-Leigh Randall

Dié lugfoto is Maandagmiddag geneem toe brandbestryders ’n laaste draai oor die gebrande gebied in St. Francisbaai gevlieg het. Vlamme het egter gister weer weens stormsterkwind naby Kaap St. Francis opgevlam en brandbestryders moes spook om brandpaaie te maak en die vlamme in bedwang te bring. Foto: Laura-Leigh Randall

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

NET toe inwoners en brandbestryders in St. Francisbaai wou ontspan ná drie dae van vlamme en chaos, het die wind wéér Dinsdag die veldvure hier laat opvlam.

Dié keer in die rigting van Thyspunt op Eskom-grond wat die naweek net-net die reuse-veldbrand waarin talle huise ontruim moes word, vrygespring het.

Volgens Laura-Leigh Randall, ’n munisipale woordvoerder, het die ergste vlamme Dinsdag laatmiddag noord van Rebelsrus gedreig, maar geen huise was daar in gevaar nie.

Brande het ook Dinsdag in Kaap St. Francis uitgebreek en brandbestryders het bontgestaan om die vuur in bedwang te bring.

“Brandbestryders is daarop gefokus om brandpaaie te maak om die brand te keer om na die dorp se kant toe oor te spring,” verduidelik Randall. “Intussen word dreigende brandplekke ook met water natgemaak om verdere branduitbarstings te verhoed.”

Terwyl brandbestryders teen die vlammehel geswoeg het, het munisipale werkers ook oortyd gewerk om die elektrisiteitstoevoer na St. Francisbaai te herstel. Volgens Randall was die probleem ’n stroombreker op een van Eskom se lyne in die Rebelsrus-gebied. Die probleem is aan die brand toegeskryf wat talle kragpale en kragdrade verwoes het.

Ntombekhaya Mafumbatha, Eskom se provinsiale woordvoerder, sê navrae oor die skade aan Eskom se lyne sal eers later vandeesweek beantwoord kan word.

Ook die Kouga-munisipaliteit bereken nog die omvang van die skade.

Volgens Randall, kon brandbestryders teen laat Dinsdagaand daarin slaag om die brand te blus.

Intussen het Derek Cook, eienaar van die Thulanoya-natuurreservaat, wat klaarblyklik die ergste van die brande afgekom het, Dinsdag sý skade op bykans R2 miljoen bereken.

Cook het emosioneel vertel hoe hy “magteloos” moes toekyk hoe die vlamme die veld verwoes.

“Wat kan jy doen teen ’n vuur? Al wat ons kon doen is om ál die reservaat se hekke oop te maak en van die wildheinings te sny in die hoop dat die diere betyds van die vlammehel kon ontsnap,” sê Cook aangedaan.

Dié reservaat, tussen Kaap St. Francis en St. Francisbaai, en langs die R330 in die rigting van Mostertshoek, grens volgens Cook aan Eskom se grond waar die brand glo Saterdag ontstaan het.

Hy beweer ’n fakkel wat afgevuur is, was die oorsaak daarvan en is vasbeslote dat die skuldige vervolg moet word.

“Die brand stel so baie mense en diere in gevaar. Die persoon wat vir die brand verantwoordelik is, moet aanspreeklik gehou word,” sê Cook.

Hoewel hy groot verlies gely het, is sy grootste bekommernis dat die kleinwild wat Thulanoya gehuisves het dalk in die brand vasgevang was.

“Ek het nog net ’n bosvark gesien wat lyk of dit beserings van die kole aan sy pote het, maar gelukkig het ek nog geen dooie diere gesien nie. Ons hoop dat al die diere gou genoeg kon vlug.”

Hoewel die kleinwild vermoedelik die brand ontduik het, het die vlamme Cook se 200 ha grond, drieslaapkamerkothuis, ’n lapa, twee voëlbesigtigingspunte asook ’n boma verswelg.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.