Boere-eise oor vermorsing uit Kouga-dam?

2016-08-04 06:00

’n Voetesleep om waterbeperkings in ’n stedelike munisipaliteit in te stel, kan be-sproeiingsboere by die Kouga-dam noop om eise vir verliese in te stel.

Met die vlak van die Kouga-dam op nage-noeg 68%, en moontlike waterbeperkings as dit nie goed in die opvangsgebied reën nie, kan eise kom teen die Nelson Mandelabaai Munisipaliteit (NMBM) wat hom nie steur aan versoeke om waterbesparings toe te pas.

Pierre Joubert, hoofbestuurder van die Gamtoos-besproeiingsraad (GBR) sê hy is bekommerd oor die waterbeperkings wat in September kan kom. “Soiets sou dalk glad nie nodig wees as die NMBM wat ook ’n verteenwoordiger in die Raad het (hulle is geregtig is op 28% van die water uit die Kouga-dam) al in Julie, verlede jaar gehoor gegee het aan die versoek om waterbeperkings van 15% in te stel nie.

“Dit is tot vandag nie gedoen nie en grens aan ’n strafbare oortreding. Ondanks harde woorde tussen verteenwoordigers van die Departement van Waterwese en munisipale amptenare het niks gebeur nie. Die Nooitgedacht-skema sou water aan die Metro voor- sien as die tweede fase (soos dit moes) al in 2013 voltooi is, maar dit is steeds onafgehandel. Dit plaas geweldige druk op ons stelsel.”

Sal nie huiwer om eise in te stel nie

“Indien die vlak van die Kouga-dam tot so ’n mate daal dat waterbeperkings ingestel word, en bewys kan word dat besproeiingsboere in die Gamtoos finansiële verliese ly, sal ons nie huiwer om eise teen die Metro in te stel nie,” sê Joubert.

’n Opname wat Joubert gedoen het, toon dat 10 000 werkgeleenthede in die vallei geskep word wanneer besproeiingsboere hul volle toegekende kwota water kry. “Met elke 10% wat die waterkwota verminder word, bly 1 000 werkgeleenthede in die slag.”

Hy wys ’n vinger na die Metro wat nie goeie waterbestuur toepas nie. “Hul interne verliese is onaanvaarbaar hoog. Klaarblyklik het hulle nie genoeg geld om dit in stand te hou en spoedeisend aandag aan gerapporteerde waterlekkasies te gee nie. Dit is tyd dat die NMBM sy prioriteite in orde kry en hulle hulpbronne beter aanwend, aangesien dit ’n regstreekse invloed op werkskepping en ekonomie van die Gamtoosvallei het.”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.