Boerelegioen-lid vas oor wapens, ammunisie

2019-02-28 06:00
Die wapens en van die ammunisie waarop die polisie beslag gelê het.

Die wapens en van die ammunisie waarop die polisie beslag gelê het.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Oos-Kaapse streekleier van die Boerelegioen is in verband met die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem.

Lede van die Valke se eenheid vir misdade teen die staat (Cats), het verlede Woensdagaand op ’n plaas by Thornhill, sowat 45 km buite Port Elizabeth, toegesak en Danie Groenewald (52) in hegtenis geneem.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê Groenewald het 492 patrone en ’n .22- en ’n .303-geweer in sy besit gehad.

Hy het verlede Donderdag vlugtig in die landdroshof op Hankey verskyn en op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Izak van Zyl, stigter van die Boerelegioen, sê die Valke misgis hulle deur na dié beweging as ’n regse groep te verwys. “Ons is ’n nie-winsgewende organisasie en suiwer burgerlike beweging wat bestuur word deur oudlede van die polisie en weermag, wat saam met die polisie werk.” Hy beskryf hulle as ’n “tweede linie” vir die polisie en beslis nie ’n regse boeregroep nie en ook nie in opstand teen enige owerhede nie.”

Die beweging se embleem moet niemand flous nie, dit gaan volgens hom net oor die “bewaring van erfenis en kultuur”.

Van Zyl sê hul opleiding maak dit baie duidelik dat lede vuurwapens en ammunisie wettig moet aanhou en ingevolge die wet moet optree.

“Die Boerelegioen aanvaar dat die staat ’n prima facie-saak teen die offisier het, daarom het die Valke en polisie met ’n lasbrief op sy woning toegeslaan.

“Hiermee distansieer ek my as uitvoerende hoof van die Boerelegioen my van enige onwettige optrede van enige van ons lede.

Ons beskou aanklagte betreffende misdaad teen die staat in ’n ernstige lig en sal graag die besonderhede van die ondersoek wil verneem sodat ’n interne ondersoek ook van stapel gestuur kan word.”

Hy vind die aanklagte “vreemd” omdat misdade teen die staat volgens hom regstreeks indruis teen die waardes en beginsels van die Boerelegioen.

“Dit is duidelik hier is kwaadwilligheid betrokke en ons sal dus ons lid ondersteun.”

Groenewald moet weer op 22 Mei in die hof verskyn.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.