Bond - die brein agter Jeffreysrus

2019-01-10 06:00
Charlie Bond (80) draf nog elke derde dag 6 kilometers – dié yweraar wat steeds feitlik elke Sondag preek en aan die hoof staan van Jeffreysrus se reuse organisasie en wyd lees en baie ure in sy studeerkamer met pastorale berading deurbring.  Foto:VERSKAF

Charlie Bond (80) draf nog elke derde dag 6 kilometers – dié yweraar wat steeds feitlik elke Sondag preek en aan die hoof staan van Jeffreysrus se reuse organisasie en wyd lees en baie ure in sy studeerkamer met pastorale berading deurbring. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY is 80 en draf nog elke derde dag 6 kilometer – dié yweraar wat steeds feitlik elke Sondag preek en aan die hoof staan van Jeffreys-rus se reuse organisasie en wyd lees en baie ure in sy studeerkamer met pastorale bera-ding deurbring.

Dis ’n mond vol vir enige man – maar dan is Charlie Bond nie sommer enige man nie.

Swaarkry het hom gevorm. Hy is ’n seun uit ’n spoorweg-gesin, trots op sy erfenis, wat klein begin in Cookhouse en kragtig eindig na ongeveer 4 dekades in die voltydse kerklike bediening.

Reeds in graad 10 het hy ’n roeping gevoel vir die bediening. Ná matriek in Oudtshoorn se Hoër Seunskool het hy met ’n lening aan die Universiteit van Stellenbosch Teologie gaan studeer.

Hy is moontlik een van rare predikante wat nie minder nie as 51 beroepe in sy leeftyd gekry het. Maar hy het in slegs ses gemeentes gedien in ’n tyd toe predikante baie besig was met o.a. huisbesoek.

Jeugwerk was altyd naaste aan sy hart, maar toe hy in 1993 na Jeffreysbaai beroep is, was die sosiale samestelling van die dorp so-danig dat hy besluit het om liewer sy energie in senior burgers te belê.

Na vele motivering en besluitneming het hy met ’n lening en staatshulp begin om die se-nior burger-kompleks Jeffreysrus te ontwikkel.

Dié toevlugsoord vir bejaardes bestaan tans uit 52 huise vir selfversorgende inwoners, asook die E-blok en die onlangs voltooide Charlie Bond-vleuel met enkel- en dubbelgeriewe. Van die eiendom is te koop, en dit word weer deur Jeffreysrus teruggekoop wanneer nodig, sonder verlies van die oorspronklike ver- koopsom.

Die groot, ouer deel het enkel- en dubbelkamers vir verswakte bejaardes. Hier nuttig hulle etes, en sommige ontvang persoonlike voeding. Die knap kombuisspan staan onder leiding van die algemene bestuurder se vrou. Die prentjie word afgerond deur ‘n professionele ontvangsarea en ’n kliniek met ’n matrone en geregistreerde verpleegsters. Se-niors ontvang dus hier die volle pakket en woon eintlik in ’n dorp in die kleine. Die hele organisasie word beheer deur ’n bestuurspan wat sedert 1993 deur ds. Bond gelei word.

Die aanvanklike gebouekompleks word aangevul deur Garanzia, ’n nuwe ontwikkeling oorkant die pad. Dié behuising vir seniors is in private besit, maar Jeffreysrus onder-steun die inisiatief deur bystand met kliniekbesoeke, busvervoer en siekeboegfasiliteite. Die organisasie is wyd bekend, en verskillende geneeshere onderskryf dit deur ouer mense daarheen te verwys.

Daar is tans ’n waglys van ongeveer 240.

Die besige Charlie Bond wat met sy universiteitsliefde getroud is, sou graag nader aan sy kinders wou wees. Maar hy is so aan die hardloop dat sy vrou Marthie hom gedurig tot kalmte maan. Met sy leuse “Liefde vir God en my medemens’ doen hy alles om die groot wet te vervul.

So was hy ook verantwoordelik vir die groot NG-kerkkompleks aan die bopunt van die dorp.

Sy minsame geaardheid word steeds weerspieël deur ’n besige studeerkamer waar hy pastorale berading doen. Hy laat nie na om, wat hy noem, sy slegste eienskap te openbaar nie – ongeduld: alles moes gister reeds gedoen gewees het.

Tussen alles deur het hulle drie keer in Engeland en Australië gaan draai.

Hou die ruimte dop. As Charlie Bond kan, wil hy nog ’n paar diep duike in die lewe maak.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.