Botsing op Astonbaai-pad

2018-01-11 06:00

DIE langverwagte en onvermydelike botsing tussen ’n motorvoertuig en ’n rondloperbees het Dinsdagmiddag tussen 13:00 en 14:00 op die Astonbaai-Jeffreysbaai-pad plaasgevind.

’n Man het ná die Marina Martinique-afdraaipad met sy bakkie teen die dier gebots wat onverwags voor hom ingeloop het. Hy het toe gery om hulp te gaan soek, en kort daarna het lede van die polisie, ADT-sekuriteits-maatskappy, siviele wetstoepassers en die DBV by die toneel opgedaag.

’n Lid van ’n sekuriteitsmaatskappy het gesê dat die botsing volgens die bakkiebestuurder nie vermy kon word nie, omdat die bees skeilik voor die voertuig oor die pad begin beweeg het. Die dier is getref en het in die gras langs die Marina-muur beland. Die dier is klaarblyklik ernstig beseer, omdat die teenwoordiges op die toneel vir ’n polisielid gewag het om dit van kant te kom maak.

Die DBV het die toneel oorgeneem, en een van hul lede het geweier dat ’n foto van die lydende dier op die toneel geneem word. Volgens die si-viele wetstoepasser en oud-polisieman Johnny Hayward, wat ook teenwoordig was, mag so ’n reëling afgedwing word as ’n ongeluks- of misdaadtoneel reeds aan ’n amptenaar oorgegee is.

Dit sou goed gewees het as die publiek insae kon hê in hoe alles daar uitgesien het, omdat daar in die verlede herhaaldelik gewaarsku is teen rondloperdiere. Die vraag is trouens in die media gevra. Wanneer gaan die stadsraad optree - eers as ’n noodlottige ongeluk plaasvind? Van die kant van die publiek is ook al gewaarsku dat hulle die munisipaliteit sou dagvaar in geval van ’n ongeluk, omdat daar niks aan die padgevaar gedoen word nie.

Dalk is dit nou tyd dat ’n koerant intensiewe ondersoek doen na die werklike rede waarom die plaaslike regering summier weier om ag te gee op die versoeke van die publiek. Miskien sal daar dan ’n antwoord gevind word op nog ’n lastige vraag: Word die eienaar(s) van dié diere beskerm, kry hulle voorkeurbehandeling? En indien wel, waarom?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.