Botterill en Vacy-Lyle behaal driekuns met Etios

2018-07-26 06:01
’n Etios soos jy hom lanklaas sien Sarel het. Guy Botterill het die naweek in die Oos-Kaap korte mette van die grondpaaie gemaak en die Algoa-tydren gemaklik gewen.     Foto:MOTORPRESS

’n Etios soos jy hom lanklaas sien Sarel het. Guy Botterill het die naweek in die Oos-Kaap korte mette van die grondpaaie gemaak en die Algoa-tydren gemaklik gewen. Foto:MOTORPRESS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE nasionale tydrenreeks, wat vanjaar net uit voorwielgedrewe 1.6-liter-motors bestaan (benewens die klassieke en klub­motors wat agterna jaag), het tot dusver in ’n netjiese driestryd tussen Toyota, Volkswagen en Ford ontwikkel. Die bordjies is egter die naweek in die Oos-Kaap verhang.

Die Algoa-tydren (voorheen die Volks­wagen-tydren) is deur die Toyota Etios-jaer Guy Botterill en sy navigator, Simon Vacy-Lyle, gewen – hul derde sege in ’n ry nadat hulle nie die seisoen se openingsren kon voltooi nie. Wat ook al hul tegniese probleme was, dit is nou behoorlik uitgesorteer.

Die naaswenners ná die tweedaagse tydren in en om Port Elizabeth (verlede Vrydag) en deur die Longmore-plantasie buite Jeffreysbaai (verlede Saterdag) was die VW-jaer AC Potgieter en sy navigator, Nico Swartz. Hulle was tot voor die Algoa-ren boaan die punte-leer in die R2N-kampioenskapsreeks.

Die treurmare van verlede jaar se wenners van die VW-tydren, die Ford Fiesta-jaers Richard Leeke en Henry Köhne, het effens tot ’n halt gekom nadat hulle ná hul sege in die openingsren in KwaZulu-Natal geen punte in die volgende twee byeenkomste aangeteken het nie. Hulle was Saterdag derde.

Die bestendige vertoning van Potgieter en Swartz, vanjaar nog segeloos, het hulle nou in die tweede plek op die punteleer geplaas nadat Botterill-hulle die agterstand uitgewis, ingehaal en almal met hul Algoa-oorwinning verbygesteek het.

“Iets soos ’n maklike sege bestaan nie in die nasionale kompetisie nie, en nog minder wanneer dit in en om Port Elizabeth is,” het Bot­terill by die eindpunt in die Vriendelike Stad gesê.

“Maar ek moet erken, ons was gelukkig dat ons dié keer ’n skoon lopie gehad het.”

Die Etios, Toyota se amptelike inskrywing, was foutloos en Botterill-hulle het ál die sneltrajekte behalwe die laaste drie van die byeenkoms se 11 sneldele gewen.

Hulle was uiteindelik 1 minuut 27 sekondes voor Potgieter, met

Leeke derde.

“Toe ons voorsprong tot langer as ’n minuut gerek het, het ons besluit om ’n bietjie rustig-er te ry en net ons punte om die titelstryd te beskerm,” het Botterill bygevoeg.

Jono van Wyk was vierde in ’n Fiesta, gevolg deur Chris Coertse in ’n Mazda2.

Rory Eland (Subaru Impreza) het die afde-ling vir oopklasmotors gewen nadat die nuwe Polo Cup-tydrenmotor van Hergen Fekken in die tweede sneltrajek aan die brand geraak en uitgebrand het.

Die volgende ronde in die nasionale tydrenreeks vind plaas in Gauteng in die om­gewing van Bronkhorstspruit, oos van Pretoria. Dit word op 17 en 18 Augustus beslis.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.