Breek vakansievet se rug

2016-01-28 06:00

Die feestyd is amptelik verby, maar ongelukkig het dit jou met ’n bietjie oortollige gewig gelaat.

Moenie te veel stres nie, want daar is soveel maniere om die vetjies af te skud.

Natanya du Toit, ’n dieetkundige wat al 15 jaar lank haar eie praktyk bedryf, gee ’n bietjie raad oor hoe jy van die vakansievet ontslae kan raak.


Haar lys van hoe jy dit kan doen

. Fokus op gesond eet. Verhoog jou inname van vars groente en vrugte en probeer verwerkte kosse beperk.

. Drink genoeg water. Drink twee glase net nadat jy opgestaan het en daarna nog twee glase voor elke ete.

. Moenie etes oorslaan nie. Probeer tussen etes ook ietsie kleins peusel soos ’n vrug,
30 g neute of jogurt.

. Verminder suikerinname. Moet byvoorbeeld nie vrugtesap drink nie; eet liewers ’n vrug.

. Vermy koeldrank met suiker. Begin om etikette te lees en wees bewus van versteekte suikers in produkte. Maak jou eie gesonde koeldrank deur rooibostee, suurlemoen en/of vrugte oornag in ’n beker water te los.

. Beperk sommige vrugte. Vrugte soos mango’s, druiwe en piesangs bevat baie suiker – wees versigtig om nie te veel daarvan te eet nie. Eet meer vrugte soos aarbeie, bessies, pruime en steenvrugte (perskes en appel­kose).

. Beperk hierdie tipe stysel: ­Wit- en bruinbrood, aartappelskyfies, kapokaartappels, witrys, meelprodukte soos koekies, beskuit, pasteie en enige produkte wat van wit meel gemaak is.

. Teken in jou dagboek alles aan wat jy daagliks eet – dit help om te sien wat vir jou liggaam werk.

. Maak jou porsies kleiner. Verruil jou groot bord vir ’n kleiner bord. Net hierdie wenk alleen is genoeg om jou te help gewig verloor. Wag ook ongeveer 20 minute ná elke ete voordat jy weer kos inskep. Hou dan by slaai of groente.

. Hou jou doelwitte realisties. Probeer om 0,4 kg tot 0,7 kg per week te verloor. Moet liewers nie te vinnig gewig verloor nie, want jy sal waarskynlik water verloor en van jou spiermassa verbrand wat jou metabolisme weer sal vertraag.

. Beplanning is baie belangrik. Stel ’n weeklikse spyskaart op en hou daarby anders sal jy maklik van jou plan afwyk.

. Slaap genoeg. Dit is baie belangrik dat jy genoeg slaap aangesien dit help om streshormone te verlaag.

Gesonder eetprogram

Ná al die ongesonde eetgewoontes in die feestyd, moet jy liewer ’n gesonder eetprogram oorweeg. “Die fout wat baie mense maak, is om styselporsies in hul aandete te groot te maak. Maak seker dat slegs ’n kwart van jou bord styselkosse bevat – dit sluit styselgroentes soos patat, pampoen en mielies in. Jou porsie proteïene moet ook ongeveer ’n kwart van jou bord of die grootte van jou palm wees, terwyl die helfte van jou bord lae styselgroentes of slaai moet wees,” verduidelik sy.

Daarby kan jy nog ’n bietjie gesonde vette soos olyfolie, avokadopeer, neute en sade in jou slaai insluit, reken Natanya.

Sy noem dat ’n dieet en oefening belangrik is nie net omdat dit ook spanning verlig en streshormone verlaag nie, maar dit help jou om gewig te verloor. Dit is ideaal om 10 000 treë per dag te stap. Volgens Natanya is daar verskeie handige toepassings wat op jou slimfoon afgelaai kan word en jou treë kan tel.

Oefening hoef nie in ’n gimnasium gedoen te word nie: Jy kan om die blok stap of tuinwerk doen om jou doelwit te bereik.

“Probeer ook oefeninge doen wat jou laat sweet en jou hartklop verhoog. Verdeel dit in drie sessies van 20 minute elk,” is haar raad.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.