Bring jou voete en uithouvermoë

2016-08-04 06:00
Opsoek na die volgende uitdaging? Dan is die Bestmed Chokka Trail veldwedloop net vir jou.                 Foto: MONIQUE BASSON

Opsoek na die volgende uitdaging? Dan is die Bestmed Chokka Trail veldwedloop net vir jou. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DEUR woude, oor sandduine, ’n uitsig oor St. Francisbaai, vliegtuie en die reuk van blomme is enkele van die ervarings waarna deelnemers aan die eerste Bestmed Chokka Trail veldwedloop kan uitsien.

Die wedloop - wat deur St. Francis Sport aangebied word - verlaat die wegspringblokke op 7 Augustus vanaf die Kaap St. Francis Resort en eindig ook weer by die oord.

Langasems, avontuurslawe en selfs diegene wat van stap hou, kan aan dié uitdagende veldwedloop deelneem. Die afstande wissel tussen 16km, 23km, 30km en 62km.

“Met ’n nuwe wegspringplek kom die opwinding van nuwe roetes, nuwe ondervin-dings en nuwe herinneringe. Die deelnemers kan van ’n onvergeetlike ervaring verseker wees,” sê organiseerder Esti Stewart.

Volgens Stewart volg die roete die kuslyn vanaf die Kaap St. Francis Resort tot by Mostertshoek waar deelnemers die pad tot by die Eskom Natuurreservaat volg. Híér bly die 23km en 16km deelnemers op die pad, terwyl die 62km en 30km hardlopers die veld en sandduine tot by die Dune Ridge Country House aanpak.

Van die oord vat die 62km deelnemers die pad na Thysbaai en Oesterbaai. Die Eskom-hek sal as afsnypunt vir stadige hardlopers dien.

“Die 30km deelnemers draai by die oord terug na die Mostertshoekpad vanwaar die roete die R330 kruis om ’n draai deur die St. Francis vliegveld te maak,” sê Stewart.

“Die 16km deelnemers sal direk na die Kaap St. Francis hoofstrand terugkeer, terwyl die 30km en 23km hardlopers eers ’n draai by die Balobi Seekosmark moet maak voor hulle via Shark Point na die oord kan terugkeer.”

Daar sal elke 5km waterpunte wees, maar die 62km hardlopers is vir die 30km sirkel vanaf Dune Ridge Country House op hul eie.

Volgens Stewart is nagenoeg 90% van die verskillende roetes nie gewoonlik oop vir die publiek nie en moes hulle spesiale toesemming kry vir die veldwedloop om hier plaas te vind.

“Die Chokka Trail was byna vanaf die eerste dag wat ons in St. Francisbaai aangekom het, op ons bucket list,” sê Stewart.

“Na jare se wik en weeg, maande se beplanning en etlike duine se op- en afklim het die Chokka Trail uiteindelik tot stand gekom - ’n jarelange droom was bewaarheid.”

Toe volg die droom van die Chokka Trail veldwedloop. Weereens was dit die een duin na die ander se op- en afklim om die perfekte roete te vind.

“Ons het ons telkemale vasgeloop en moes dan weer van vooraf begin,” sê Stewart.

Volgens Stewart, wat al wou stap vandat sy kan onthou, is ’n goeie, lang staproete baie terapeuties. “Mense maak tydens so ’n stap-roete oop - dit is ’n nuwe mens wat aan die ander kant uitkom. Dit maak alles die moeite werd.

“Ek doen nou wat ek nog altyd wou doen. Ek is op ’n plek waar ek 100% gelukkig is. Ek kan stap wanneer ek wil, ek het my kinders en my huisie by die see.”

Inskrywings kan tot op Vrydag 5 Augustus by www.stfrancissport.co.za gedoen word.

Registrasie vind tussen 06:00 en 07:00 op die oggend van die veldwedloop by die Kaap St Francis Resort plaas. Diegene wat aan die 62km wedloop deelneem, spring om 07:30 weg, terwyl die 30km wedloop om 07:45 af-skop. Deelnemers wat die 23km en 16km roetes aanpak, begin om 08:00.

Die inskrywingsgeld is R80 en R40 (deelnemers jonger as 18) vir die 16km roete, R120 vir die 23km wedloop, R150 vir die 30km uitdaging en R200 vir die moordende 62km.

Deelnemers moet 1 liter water, ’n koplamp, ’n noodkombers en ’n fluitjie saam bring.

Vir meer inligting, skakel Stewart by 073 825 0835 of besoek www.stfrancissport.co.za.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.