Broer wys ysterspiere om kinders te help glimlag

2016-04-14 06:00
Die agt-jarige Ronaldo Kirsten (regs) het Saterdag aan die Spur IronKids in Port Elizabeth ten bate van die Smile Foundation deelgeneem. Dit volg na sy sussie, Justelle (2), met ’n gesplete lip en verhemelte gebore is en reeds twee operasies moes ondergaan. Ma Christelle is baie trots op haar twee yster-kinders. Foto: MONIQUE BASSON

Die agt-jarige Ronaldo Kirsten (regs) het Saterdag aan die Spur IronKids in Port Elizabeth ten bate van die Smile Foundation deelgeneem. Dit volg na sy sussie, Justelle (2), met ’n gesplete lip en verhemelte gebore is en reeds twee operasies moes ondergaan. Ma Christelle is baie trots op haar twee yster-kinders. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MET sy kort hare, wakker oë en breë glimlag, lyk Ronaldo Kirsten van Humansdorp soos enige ander lewenslustige agt-jarige skoolseun.

Maar dié seun het ysterspiere en ’n hart van goud.

Gewapen met sy swemklere en hardloopskoene, het Ronaldo verlede Saterdag die 60m-swem en 1.2km-pretloop in Port Elizabeth aangepak - deel van die Spur Ironkid-wedren - alles ten bate van liefdadigheid en om ’n glimlag op kinders se gesigte te sit.

Dit is vir elkeen soos sy jonger suster, Justelle (2) wat met ’n gesplete lip en verhemelte gebore is, maar nou na twee operasies kan glimlag. Die operasies is moontlik gemaak deur die Smile Foundation wat al die onkostes gedek het, omdat die familie nie ’n mediese fonds het nie. Maar daar lê nog ’n lang pad van herstel vir haar voor.

As deel van Ronaldo se deelname aan die Spur Ironkids, moet hy ’n minimum van R2 000 vir ’n liefdadigheidorganisasie van sy keuse insamel. Sy keuse was sonder twyfel die Smile Foundation. Ronaldo het reeds R1 100 ingesamel en het nog net 11 dae oor om sy doelwit te bereik. Weldoeners kan Ronaldo, en die Smile Foundation ondersteun, deur www.givengain.com te besoek. Tik Ironkids by die soek-opsie en kliek op Ronaldo se naam. Enige skenking is uiters welkom.

Justelle, wat in Januarie 2014 gebore is, het reeds op vier maande haar eerste operasie ondergaan. Op sewe maande was sy weer onder die skalpel. Teen haar vyfde verjaardag sal sy vir haar derde operasie moet gaan, en op nege-jarige ouderdom sal die spleet in haar lip eers herstel word. Dan volg ’n operasie om haar tande te korrigeer. Op sestien kan sy besluit of sy verdere prosedures vir kosmetiese doeleindes wil deurstaan.

Die oorsaak van dié toestand is nog onbekend, maar tot dusver kan dit toegeskryf word aan omgewings- en genetiese faktore.

“Toe ek Justelle vir die eerste keer sien, het ek onmiddellik verlief geraak op haar, maar ek was ook bang vir die soort lewe wat sy sou hê,” sê dié twee se ma, Christelle Kirsten, van Humansdorp.

“Mense kan wreed wees en ek het geweet ek kan haar nóú beskerm, maar dit sou nie altyd die geval wees nie.”

Volgens Christelle was die eerste paar dae na haar geboorte die moeilikste vir hulle. “Sy het vreeslik gesukkel om te drink en aan die melk gestik. Dit was van die vreesaanjaendste ervarings én dit het daagliks gebeur.

“Dit was eers na haar tweede operasie dat dinge begin beter gaan het.”

Volgens Christelle is Justelle ’n gewone kleuter en heeltemal onbewus daarvan dat sy anders as haar maats lyk.

Christelle is ’n ondersteuning-ma vir die groep, Cleft Friends, wat ouers van kinders met ’n gesplete lip en verhemelte ondersteun en moed inpraat.

Vir meer inligting of skenkings, kontak Christelle by 079 094 2374.

. Dié Smile Foundation, sonder winsoogmerk, bied gratis operasies aan behoeftige kinders met ’n gesplete verhemelte en lip. Hulle dek die koste van die operasie deur geld wat hulle van skenkers kry. Gesinne word gekeur op grond van hul finansiële omstandighede.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.