Buurgemeester help ‘red’ bejaarde se lewe

2016-04-07 06:00

‘N FAMILIE van Humansdorp kan nie uitgepraat raak oor hoe Kouga se burgemeester Saterdagaand hul bejaarde moeder se lewe gered het nie.

Sophie Felix (85), van Kruisfontein Proper, is ‘n diabeet wat elke dag twee inspuitings moet kry om haar suikervlakke te help be-heer. Haar toestand is so ernstig dat selfs net een dag se oorslaan van die inspuitings haar lewe in gedrang sou bring.

Die medikasie word maklik deur hitte geaffekteer en moet dus ten alle tye in die yskas gehou word. Groot was die familie se paniek op Saterdagaand toe die krag na Felix en haar dogter, Dalene Kiewiets, se huis afslaan.

“Dit was net na sewe-uur die aand gewees,” vertel Felix se seun, Rudolf Jansen. “My suster het dadelik die munisipaliteit se noodnommer geskakel en hulle stuur toe ‘n elektrisiën om ondersoek in te stel.”

Die elektrisiën kon egter nie help nie, omdat die fout op een van die binneste elektriese drade was, waarvoor huiseienaars self verantwoordelik is.

“My suster het nie geweet wat om te doen nie. Sy het niks geld by haar gehad nie en daar was niemand wat daardie tyd van die aand - en boonop nog op ‘n naweek – die draad sou kon vervang of regmaak nie,” sê Jansen. “Ons het geen ander heenkome gehad nie en ek stel toe voor dat sy die burgemeester direk kontak.”

Kouga-burgemeester Daphne Kettledas het die familie se kommer ter harte geneem en die munisipaliteit se elektriese bestuurder gekontak. Binne ‘n japtrap was die elektrisiën terug by die huis om die draad te herstel sodat Felix se medikasie nie tot niet sou gaan nie.

“Dit beteken baie vir ons as ‘n familie dat die burgemeester op ‘n Saterdagaand uit haar pad uit gegaan het om ons moeder te help. Ons kan nie genoeg vir haar ‘dankie’ sê nie,” sê Jansen.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.