CapeCross Dierehospitaal vier 10 jaar

2019-11-28 06:00
CapeCross Dierehospitaal vier vandeesmaan hul tiende bestaansjaar. Ná jare van droom – reeds in hul studentejare in die anatomiesaal – deeglike beplanning en navorsing, het vier veeartse (twee getroude pare) hul ideaal om ’n praktyk op die been te bring, in 2009 bewaarheid: CapeCross Dierehospitaal in Jeffreysbaai en Kareedouw.           Foto:VERSKAF

CapeCross Dierehospitaal vier vandeesmaan hul tiende bestaansjaar. Ná jare van droom – reeds in hul studentejare in die anatomiesaal – deeglike beplanning en navorsing, het vier veeartse (twee getroude pare) hul ideaal om ’n praktyk op die been te bring, in 2009 bewaarheid: CapeCross Dierehospitaal in Jeffreysbaai en Kareedouw. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HARDE werk, ’n droom, ’n servet en ’n liefde vir diere – veral dié in nood, klein of groot.

Ná jare van droom – reeds in hul studentejare in die anatomiesaal – deeglike beplanning en navorsing, het vier veeartse (twee getroude pare) hul ideaal om ’n praktyk op die been te bring, in 2009 bewaarheid: CapeCross Dierehospitaal in Jeffreysbaai en Kareedouw.

Dié vier het eers die wêreld verken en waardevolle ondervinding in Engeland opgedoen. Tot die roepkreet terug Suid-Afrika toe te sterk geword het.

Beplanning en navorsing is in hulle vrye tyd oor naweke gedoen. Die uitleg van die eerste dierehospitaal is op ’n servet in Frankies & Bennies geteken – en pryk al die jare teen die kantoormuur.

Waarom Jeffreysbaai?

“Ons wou in die platteland bly, waar die lewe rustiger en gesinstyd ’n prioriteit is,” sê dr. Magdalena Lategan.

“’n Praktyk in Kareedouw was in die mark, Jeffreysbaai was vinnig aan die uitbrei. Die twee dorpe is in die gebied geleë met die grootste konsentrasie melkbeeste.

“Dit was die logiese stap om ons hier te kom vestig.”

Die begin

Volgens Lategan, het CapeCross Dierehospitaal klein begin.

“Ek onthou die eerste dae baie goed: vloer vee en mop, koffie maak, verskaffers bel en wag dat die eerste kliënt ’n wurmpil of iets soortgelyks koop.”

Die kliëntetal het begin groei, en binne maande kon hulle ’n ontvangsdame en skoonmaker aanstel.

Na vyf jaar het die groeiende praktyk uit sy nate gebars, en in 2014 is ’n huis in Jakarandastraat, Jeffreysbaai in ’n groter en meer moderne dierehospitaal omskep.

Die praktyk in Kareedouw is na Tsitsikamma geskuif, waar drie veeartse voltyds op melkplase werk. Die administratiewe personeel het hul eie kantoorspasie elders gekry – die gebou het weer eens te klein geword.

“Deur God se genade en harde werk, het ons oor die jare gegroei en staan ons perso-neel tans op 21,” sê Lategan.

“Ons beplan om nog twee veeartse in die nuwe jaar aan te stel.

“Wie sou ooit kon dink dat die omgewing se vee en troeteldiere ons so besig sou hou?”

Vervolg op bl. 23

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.