Cecile Roodt groet Eedenprop, sê dankie

2017-03-30 06:02
Cecile Roodt lê na amper twee dekades die tuig neer.                   Foto:VERSKAF

Cecile Roodt lê na amper twee dekades die tuig neer. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Voormalige eiendomsagent en juffrou, Cecile Roodt (72), lê na 16 jaar die tuig by Eedenprop neer.

Cecile, wat in 2001 vir Eedenprop by Eeden-glen in Jeffreysbaai begin werk het, sê daar is nie ’n dag wat sy nie haar werk geniet het nie.

Dit was so amper of Cecile het nooit die bemarking van Eedenglen gedoen of die inwo-ners onder haar vlerk geneem nie.

“Frans van Eeden het my by die bekendstelling van Eedenglen raakgesien, en my gevra om vir hom te kom werk. Blykbaar het ek ’n paar intelligente vrae gevra wat hom beïndruk het,” vertel sy.

“Dit was eers die derde keer wat hy my ge-vra het, dat ek ingestem het.”

En hoekom toe eers? “Ek het niks van rekenaars geweet nie, en was bang dat hy sou verwag dat ek op ’n rekenaar moet werk. Ek weet tot vandag toe niks van rekenaars nie.”

Cecile sê sy sou oorspronklik net vir drie jaar gewerk het, maar drie jaar het 16 wonderlike jare geword.

Met ’n passie vir ouer mense, het Cecile daagliks die oord platgestap. Maak nie saak in watter straat sy was nie, almal het ’n praatjie met haar aangeknoop.

Sy ken al 500 inwoners by die naam.

Cecile vertel sy het dit die meeste geniet om mense te help - of dit nou is om ’n huis aan hulle te verkoop of om diegene in nood te help.

Sy lag: “In die 16 jaar wat ek hier gewerk het, het ek nie een advertensie geplaas nie. Al my verkope is te danke aan my baie praat.”

Wat gaan sy die meeste mis? Die interaksie met mense.

Volgens Cecile gaan sy beslis nie nou op die stoep sit nie. “O nee, daarvoor is ek hopeloos te lief vir mense en vir gesels. Ek gaan nou die dinge doen, waarvoor daar voorheen tyd was nie. Ek gaan by die gimnasium aansluit, hope boeke lees, lekker kuier en daar wees vir die mense wat my nodig het. En ek gaan leer hekel.

“Ek wil graag ’n mens soos my oorlede ma wees. Tot op die dag van haar afsterwe, het sy die mense rondom haar gehelp. Hetsy met ’n eetdingetjie, raad of ’n geselsie.”

Haar dank aan diegene wat haar op haar lewenspad gehelp het, is oneindig groot.

“Baie dankie vir almal se liefde, vriende-likheid, gasvryheid en lojaliteit teenoor my,” sê Cecile. Ek het nooit kliënte gehad nie - net vriende. Vir al my kollegas van HEV en FCF, dankie vir julle samewerking en hulpvaar- digheid deur die jare. Aan Elsa, my “vennoot” van die afgelope 14 jaar, dankie vir die lekker saamwerk, saamlag en saamhuil. Ons was ’n gedugte span.

“Frans, dankie dat jy my in 2001 die geleent-heid gegee het om my passie uit te leef, naamlik om met mense te werk. Dit was die mees bevredigende werk wat ek ooit gedoen het.

“Aan my man, Andries, wat die fort aan die tuisfront moes hou, selfs onder moeilike omstandighede tydens sy langdurige siekte - dankie. Jy is en bly my rots en steunpillaar.

“My innige dank aan ons Hemelse Vader wat my geseën het met goeie gesondheid en lewenskrag vir die taak wat my soveel vreugde gegee het.”

Sy sluit af: “Onthou, ek tree nou by Goferhoutsingel 118, Eedenglen aan - sien julle daar.”

Verina Botha, ’n plaaslike eiendomsagent, neem die leisels by Cecile oor.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.