Coega, Eskom werk saam vir kernkrag

2017-03-16 09:53
Die Coega-ontwikkelingskorporasie en Eskom het pas ’n memorandum van samewerking rondom kernkrag onderteken. Die Dedisa-kragaanleg tel reeds onder Coega se energieprojekte.                                   Foto: ARGIEF

Die Coega-ontwikkelingskorporasie en Eskom het pas ’n memorandum van samewerking rondom kernkrag onderteken. Die Dedisa-kragaanleg tel reeds onder Coega se energieprojekte. Foto: ARGIEF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Coega-ontwikkelingskorporasie (CDC) in Port Elizabeth en Eskom het onderneem om saam te werk om die ontwikkeling van Suid-Afrika se kernkragbouprogram te steun.

Dié twee ondernemings in staatsbesit het Dinsdag ’n memorandum onderteken waarin hulle hul steun bied vir die regering se planne om plaaslike kernkragkapasiteit te bou.

“Ons maak gereed om dié projek betyds en binne begroting te voltooi,” het Abram Ma-sango, Eskom se uitvoerende groephoof vir kapitaal, in ’n verklaring gesê. “Ons wil verseker dat Suid-Afrikaners betroubare, koolstofvrye basisladingskrag tot hul beskikking het, want dit sal ook volhoubare ekonomiese groei meebring.

“Boonop is dit van kritieke belang dat plaaslike inwoners deur die projek se verskeie stadiums sal kan deelneem nadat hulle opgelei is vir dié poste en geleenthede,” het hy bygevoeg.

Die CDC – wat reeds diverse energiebronne soos ’n windplaas en die Dedisa-vloeibaregas-aanleg in sy nywerheidsontwikkelingsone huisves – sal ingespan word om hiermee te help.

Die memorandum dui ook onder meer op samewerking ten opsigte van projekbestuur vir die ontwikkeling van infrastruktuur, studies rondom sosio-ekonomiese ontwikkeling en kommunikasie met belanghebbendes.

“Dit pas in by die CDC se mandaat om werk en sosio-ekonomiese voordele in die streek te skep,” sê Christopher Mashigo, die CDC se uitvoerende bestuurder van sakeontwikkeling.

“ ’n Geïntegreerde energieplan bring die potensiaal van ’n reusehupstoot vir die industrialisering van die ooskus se ekonomie – wat op sy beurt meer groei en werkgeleenthede beteken.”

Eskom het reeds aansoek gedoen vir die bemagtiging vir die eerste kernkragreaktors, met omgewingsassesseringbeamptes wat Thyspunt in Jeffreysbaai as hul voorkeurperseel hiervoor aangewys het.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content this holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.