DA behou net-net sy wyk in Kouga

2017-12-21 06:00
Wilma Coenraad is as die nuwe raadslid vir wyk 5 in die Kouga-munisipaliteit gekies.                           Foto:VERSKAF

Wilma Coenraad is as die nuwe raadslid vir wyk 5 in die Kouga-munisipaliteit gekies. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE DA het in ’n tussenverkiesing hul posisie in ’n wyk van die Kouga-munisipaliteit behou, maar het minder steun gekry.

Wilma Coenraad is as nuwe raadslid vir wyk 5 in die Humansdorp-gebied, net buite Jeffreysbaai in die Oos-Kaap, verkies.

Desmond Petersen, die voormalige DA-raadslid van wyk 5, is in Oktober uit sy amp verwyder nadat hy teenstrydig met die rig-lyne van die party opgetree het.

Petersen, wat vier jaar ’n raadslid was en as ’n lid van die burgemeesterskomitee vir infrastruktuur en beplanning gedien het na-dat die DA in 2016 die Kouga- munisipale verkiesing gewen het, is ná ’n dissiplinêre verhoor afgedank.

Die verhoor het gevolg ná ’n raadsvergadering einde Augustus, waar Petersen skuldig bevind is aan oortreding van interne koukusreëls.

’n Tussenverkiesing is Woensdag in die gebied gehou met slegs 53% van die geregistreerde kiesers wat gestem het.

Volgens Nqaba Bhanga, die DA se provinsiale leier, het slegs 1 921 van die 3 622 kiesers Woensdag se stormwind en reënweer aangedurf om aan die tussenverkiesing deel te neem.

Die DA het 763 stemme teenoor die ANC se 612 stemme gekry. ’n Onafhanklike kandidaat het 517 stemme gekry en die EFF ’n skamele agt stemme.

Kate Bapela, woordvoerder van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, het bevestig dat Coenraad tot die nuwe raadslid ver-kies is. Sy sê ook die DA het slegs 40,16% van die stemme gekry, vergeleke met 57,82% in die 2016- munisipale verkiesing.

Bhanga sê die DA is nogtans verheug om te sien dat kiesers wéér vir “verbetering” gestem het.

“Ek wil vir Wilma baie geluk sê en alles van die beste toewens. Sy is iemand wat werklik die mense in haar gebied dien,” sê Bhanga.

Hy sê sedert die DA in 2016 oorgeneem het, is 391 laekostehuise voltooi. “Die eerste nuwe (laekoste)huise wat in 11 jaar in die gebied gebou is.”

Hy het ook na die nuwe diensleweringsinbelsentrum verwys, wat in Oktober op die been gebring is.

Bhanga sê 2 300 diensleweringsklagtes is tot dusver aangemeld, waarvan 2 000 reeds opgelos is.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.