DA-vroue reik na burgemeester-pos

2016-03-03 06:00
Samantha Jankovich-Besan Foto: VERSKAF

Samantha Jankovich-Besan Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE DA het vroeër vandeesweek verras met die aankondiging dat Elza van Lingen, lid van die Nasionale Raad van Provinsies, sy burgemeesterskandidaat vir die Kouga-distrik is.

Van Lingen word wyd bestempel as ’n ywerige politikus wat haar deur die jare uitstekend van haar taak gekwyt het. In sommige kringe is hardop gewonder of die DA haar “afskaal”.

Ook is gefrons oor die aankondiging dat Ewald Loock, die afgelope 13 jaar burgemeester van die Baviaans-munisipaliteit (wat die Baviaanskloof, Willowmore en Steytlerville insluit), die ampsketting aan Samantha Jankovich-Besan sal moet oorhandig as die DA in die komende verkiesing in dié streek wen.

Die Baviaans-munisipaliteit was die afgelope 13 jaar die enigste DA-beheerde munisipaliteit in die Oos-Kaap. Dit lê 30ste op die Good Governance Index se lys van die land se beste munisipaliteite.

Loock het gesê hy is nie seergemaak of verbitterd nie en sal nog help waar hy kan, maar die feit is dat die jonger geslag ál meer die gesig van die DA is.

“Ek meen, man, ’n ou het nog nou die dag vir my gesê jy is Afrikaans én jy lyk soos ’n ou boer! Daar het jy dit – ek het nie die DA se new look nie.”

Loock en sy munisipaliteit was tot onlangs in ’n stryd met die afbakeningsraad wat die Baviaans-, die Ikwezi- en die Camdeboo-munisipaliteit tot die Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit wil laat saamsmelt.

Alles dui daarop dat dit gaan gebeur. As die DA dié streek verower, sal Jankovich-Besan dié party se burgemeester wees.

Gister het sy haar kommer uitgespreek oor die hele streek se te klein belastinginkomstebasis teenoor die baie regrukwerk wat gedoen moet word.

Dít, het sy bygevoeg, is ’n uitdaging wat sy baie ernstig opneem. “Met die samesmelting van die Karoo-munisipaliteite gaan die skuldlas toeneem. Ons kry nie hulp van die tesourie nie en sal innoverende maniere moet kry om ons inkomste aan te vul. Die lae inkomstebasis (uit belastings) is nie die oplossing nie.”

Van Lingen streef na verbetering op grondvlak. Sy beskou die “skuif” van parlementslid na burgemeester nie as ’n afgradering nie, maar as ’n geleentheid om baanbrekerswerk te doen.

“Ons raak te gemaklik in die posisies wat ons beklee. ’n Mens kan nooit sê dat jy nie die beleid van die DA op alle gebiede wil toepas nie,” het sy gesê.

In ’n derde verrassende stap het die DA Yolande le Roux, ’n gemeenskapswerker met korporatiewe ondervinding, as sy burgemeesterskandidaat vir die Koukamma-di-strik (wat Kareedouw en omstreke insluit) aangekondig.

Le Roux, ’n boorling van Thornham in die Tsitsikamma, is die nuweling in die groep.

“Die uitdaging is om die mense se vertroue te wen omdat hulle al soveel keer teleurgestel is. Die ander uitdaging gaan wees om dit wat die gemeenskap as probleme uitwys, reg te maak,” het sy gesê.

Athol Trollip, DA-leier van die Oos-Kaap en burgemeesterskandidaat vir die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, het gister laat blyk dat bespiegelings dat die DA dié vroue om verkiesingsredes as burgemeesterskandidate gekies het, onregverdig is.

“ ’n Kieskollege van 30 lede, wat uit nasionale, provinsiale en plaaslike lede bestaan, het die kandidate met vrae gepeper oor wat hulle aan die onderskeie munisipaliteite sal bied.

“Die DA weet nou dat hierdie kandidate uitsonderlike burgemeesters sal wees en dat die inwoners van hierdie onderskeie munisipaliteite hieruit voordeel sal trek,” het Trollip beklemtoon.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content this holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.