‘Dag Zero bestaan nie in Oos-Kaap’

2018-03-22 06:01
Dié deel van die Kougadam in die Oos-Kaap moet in ideale toestande vol water wees. Die watervlak staan egter tans op 11,7%.

Dié deel van die Kougadam in die Oos-Kaap moet in ideale toestande vol water wees. Die watervlak staan egter tans op 11,7%.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HOEWEL die Kougadam in die Oos-Kaap tans minder as 12% vol is, meen Portia Makhanya, provinsiale hoof van die departement van water en sanitasie (DWS).

Dit is meer as genoeg water totdat die volgende reënseisoen aanbreek.

Makhanya het dié versekering Maandag gegee op ’n besoek aan die Kougadam naby Patensie in die Oos-Kaap.

Dié dam, waarvan die watervlak tans op 11,7% staan, voorsien water aan die Kouga-munisipaliteit, wat Humansdorp, Jeffreysbaai, Hankey en Patensie insluit, sowel as die Gamtoosvallei en die Nelson Mandelabaai-metro.

Ondanks die lae damvlak sê Makhanya die DWS is vol vertroue dat daar genoeg water sal wees, veral vir huishoudelike gebruik en besproeiing. “Dit is veilig om te sê dat tot en met die volgende reënseisoen daar genoeg, oorgenoeg, hulpbronne sal wees,” het sy gesê.

“Ek hoor dat almal praat van Dag Zero, maar in dié departement gebruik ons nie daardie term nie. Dit bestaan nie in ons woordeskat nie. Daar is geen Dag Zero nie. Daar ís maniere om die watervoorraad tot die volgende reënseisoen te laat hou.”

Makhanya sê die metro is baie bewus van die waterkrisis en het reeds verskeie maat-reëls ingestel om die watergebruik te verminder, veral wat betref drukbeheerstelsels en die bekamping van lekkasies.

“Daar word gebruik gemaak van mense wat die stelsels deurgaan om lekkasies te herstel en hulle het ook reeds die gebruik van grondwater begin verken.”

Volgens haar is daar in elke huishouding waar die toilette kan spoel stelsels in plek gestel waar ’n groot voorwerp soos ’n baksteen in die toiletbak geplaas word om spasie op te neem sodat minder water outomaties gebruik word om die toilet mee te spoel.

Sy sê ook inwoners hier hou almal by die waterbeperkings en hul watergebruik het aansienlik gedaal. “Ek kan met veiligheid sê verbruikers, veral die boere in die Gamtoosvallei, werk baie mooi saam. Hulle hou by hul beperkings en gee hul volle samewerking.”

In plaas van Dag Zero-scenario’s glo Makhanya in goeie waterbestuur. Volgens haar vaar die departement goed met sy modellering van die patrone en neigings in die damvlakke.

Dié model, wat in Junie vanjaar weer in werking sal tree, gee ook verslag oor die reënvalpatrone sowel as die hoeveelheid water wat die damme sal kan lewer. Dit help die DWS om beter te beplan vir die waterkrisis omdat dit aandui of daar genoeg water beskikbaar sal wees. “Die model sal ons ook help om te bepaal of waterbeperkings verskerp, versag of afgestel moet word,” sê sy.

“Ons is tans baie gemaklik met ons posisie oor die waterkrisis en ons is positief dat dinge vorentoe net beter sal lyk.”

Makhanya het egter daarop klem gelê dat die bestuur van watergebruik steeds baie, baie belangrik bly en slegs as dit nie volgehou word nie, kan die Kouga-munisipaliteit dalk sit met ’n situasie soos wat tans in Kaapstad gesien word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.