Deur perde leef hy sy droom

2017-12-21 06:00
Hercules van Huyssteen, eienaar van Moria Ryskool in Kareedouw, bied sedert die begin van die maand ’n twee-uur lange perdrit deur twee inheemse woude in Tsitsikamma aan. Dié awemro-wende rit - ideaal vir ervare ruiters, sowel vir diegene wat nog nooit op die rug van ’n perd gesit het nie - skop af by Oudebosch Padstal en neem ruiters oor kronkelende bergpaadjies, verby halfvergete plaashuisies, deur ’n laaglopende rivier en lowerryke bosse. Die roete neem ruiters tot bo-op die berg vanwaar hulle oor die hele Tstisikamma uitkyk - tot die see is in die agtergrond sigbaar.    Foto’s:VERSKAF

Hercules van Huyssteen, eienaar van Moria Ryskool in Kareedouw, bied sedert die begin van die maand ’n twee-uur lange perdrit deur twee inheemse woude in Tsitsikamma aan. Dié awemro-wende rit - ideaal vir ervare ruiters, sowel vir diegene wat nog nooit op die rug van ’n perd gesit het nie - skop af by Oudebosch Padstal en neem ruiters oor kronkelende bergpaadjies, verby halfvergete plaashuisies, deur ’n laaglopende rivier en lowerryke bosse. Die roete neem ruiters tot bo-op die berg vanwaar hulle oor die hele Tstisikamma uitkyk - tot die see is in die agtergrond sigbaar. Foto’s:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VAN kleintyd af was perde sy groot liefde.

Die afgelope elf jaar leef hy dié passie uit deur sy perde-onderneming, Moria Ryskool, ’n klipgooi van Jeffreysbaai af. Maar dié veelsydige man is ook welbekend as afrigter van SA-Boerperde en ‘n skaapboer.

Hercules van Huyssteen is ’n man met ’n groot hart en liefde vir sy SA-Boerperde. Elke oomblik van sy werk is suiwer genot. Want, sê hy: “There is something about the outside of a horse that is good for the inside of a man”. Dit is ’n waarheid wat hy saam met Winston Churchill aanhang.

“Perdry is my kopdokter. Met perdry raak jy van jou frustrasies ontlae,” sê dié nederige buitelugmens wat ’n natuurlike aanvoeling vir perde het.

“’n Perd is ’n leerskool en maak van jou ’n beter mens. Dit maak nie saak hoe jy voel vóór jy op jou perd klim nie, as jy klaar gery het, voel jy vervuld en het nuwe energie.

“Daarom is ek op my gelukkigste op die rug van een van my perde.”

Die begin

Maar hoe het Hercules se perdryskool begin?

Hercules vertel dat hy eerder met perde wou werk as om van agt tot vyf in ’n kantoor te sit.

Hy werk veral met sy gunsteling perderas, Boerperde, omdat hulle so slim is. “’n Boerperd is ’n rustige dier met ongelooflike deursettingsvermoë,” sê hy.

Hy borrel behoorlik wanneer hy oor perde praat: “Ek het 11 jaar gelede met die ryskool op ons plaas in Kareedouw begin. Omdat dit vir my so lekker was en ek genoeg kennis met perde opgedoen het, het ek besluit om dit heeltyds te doen en ’n inkomste daaruit te verdien.”

Sy ryskool het met verloop van tyd gedy.

In 2011 loods hulle die gewilde Baviaans Camino in samewerking met Esti en Eric Stewart van St Francis Sport. Dié 75km-roete oor vier dae en vyf nagte is ideaal vir ruiters en stappers - geen perdry-ondervinding is nodig nie. Die roete begin in die Klein Karaao waarvandaan stappers en ruiters die Baviaanskloof-bergreeks oorsteek en die meeste van die Kouga-bergreeks na die kus oorsteek.

Wandelaars en ruiters word deur twee voertuie ondersteun. Oornagverblyf in plaashuise of tente word voorsien.

Tsitsikamma

Hercules bied sedert die begin van die maand ’n twee-uur lange perdrit deur twee inheemse woude in Tsitsikamma aan.

Dié awemrowende rit - ideaal vir ervare rui-ters, sowel vir diegene wat nog nooit op die rug van ’n perd gesit het nie - skop af by Oudebosch Padstal en neem ruiters oor kronke-lende bergpaadjies, verby halfvergete plaas-huisies, deur ’n laaglopende rivier en lowerryke bosse.

Die roete is nie té uitdagend nie - maar ge-noeg om die hande te laat sweet en die hart vinniger te laat klop. Veral as jy nie ’n ervare ruiter is nie.

Daar is ’n paar opdraande en afdraande, maar Hercules en sy span verduidelik breedvoerig hoe ruiters dié moet aanpak: wanneer dit by ’n afdraand kom, leun effens terug en steek jou voete na voor; by ’n opdraand leun jy iewat na voor.

En moenie met albei jou hande aan die saal vashou nie - dit is soos om ’n motor met albei jou hande op die paneelbord te bestuur. Die een hand kan jy gebruik om aan die saal vas te hou (as jy voel dit is nodig), en die ander hand hou die leisels vas. Daar is ’n spesifieke manier om die leisels vas te hou. Laasge-noemde hand moet te alle tye in die lug gehou word.

Die afklim? Leun na vore, hou aan die perd se maanhare vas en gly stadig af na links. Anders mag jy dalk hard met Moeder Aarde kennis maak.

Waar die pad te moeilik raak, klim ruiters af en lei hul perde tot waar die grond meer gelyk is.

Die roete neem ruiters tot bo-op die berg vanwaar hulle oor die hele Tstisikamma uitkyk - tot die see is in die agtergrond sigbaar.

Van hier volg die perde ’n grondpad terug tot by die beginpunt. Die terug-roete bied onvergeetlike uitsigte oor die gebied.

“Elke oggend sien ek uit na my dag. Dit is so lekker dat dit wat my passie was, nou ’n heeltydse besigheid is.”

Meer inligting

Vir meer inligting, skakel Van Huyssteen by 082 925 9301 of 064 681 0838.

Besoek hul Facebook-blad by Moria Ryskool.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.