Die Appelkas: veel meer as net appels

2017-02-16 06:02
Die Appelkas, dien as ’n gewilde afsetpunt vir die handgemaakte produkte van meer as 70 plaaslike inwoners. Bekwame personeel sorg dat alles seepglad verloop.  Foto: MONIQUE BASSON

Die Appelkas, dien as ’n gewilde afsetpunt vir die handgemaakte produkte van meer as 70 plaaslike inwoners. Bekwame personeel sorg dat alles seepglad verloop. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TUSSEN die stowwerige, droë hitte van die Klein-Karoo en die welige, beboste kuslyn van die Tuinroete op die gewilde Roete 62, lê daar ’n klein, kleurvolle winkel wat inwoners nuwe hoop gee.

Die Appelkas, by Joub’s op die hoek van die R62 en Ferreirastraat in Joubertina, gaan oor veel meer as net die gebied se ge-sonde vrug wat die dokter op ’n veilige afstand hou.

Die winkel dien as ’n gewilde afsetpunt vir handgemaakte produkte van meer as 70 plaaslike inwoners.

Die rakke kreun onder koekies, lekkers, droë vrugte, handwerk, speelgoed, klere, ju-wele, linne, breekware, seep, ingelegde vrugte en selfs speelgoed vir diere.

Natuurlik is daar ook appels en ander vars seisonale vrugte wat deur die boere verskaf word om vrugtediefstal en die verkoop van die buit langs die pad hok te slaan.

Niemand stap hier met leë hande uit nie.

Die winkel, wat ’n gewilde stopplek vir nasionale en internasioanle reisigers is, dien verder as ’n inligtingsentrum.

Volgens Joub’s-eienaar, Riana Martinson, wat ’n ou hand in die kos- en besigheidsbedryf is, verskaf dit haar groot genot om die platform vir plaaslike entrepreneurs daar te stel.

“Nie net help ons hulle om hul produte te bemark nie, maar ook om ’n inkomste te ge-nereer. Vir baie van hulle is dit hul enigste bron van inkomste,” sê sy.

“Die beste deel is dat jy nooit weet wat jy gaan kry nie. Dit hou die besigheid interessant.”

Joub’s spog verder met ’n restaurant, ’n wynhuis waar ’n groot versameling wieldoppe teen die muur hang, en ’n wegneem-ete kafee.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.