Dié beste dorp in die land

2018-06-21 06:01
Jeffreysbaai maak nou reg vir ’n groot makietie later vanjaar nadat dié dorp Sondagaand op die gewilde televisieprogram Kwêla as Dorp van die Jaar aangewys is. By die feesvieringe is Joe Ferreira (Kouga Besigheidsforum), Allan Wright (Dorp van Drome), raadslid Robin Jantjies, Kouga-burgemeester Horatio Hendricks en Speaker Hattingh Bornman. Foto:MONIQUE BASSON

Jeffreysbaai maak nou reg vir ’n groot makietie later vanjaar nadat dié dorp Sondagaand op die gewilde televisieprogram Kwêla as Dorp van die Jaar aangewys is. By die feesvieringe is Joe Ferreira (Kouga Besigheidsforum), Allan Wright (Dorp van Drome), raadslid Robin Jantjies, Kouga-burgemeester Horatio Hendricks en Speaker Hattingh Bornman. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

JEFFREYSBAAI is die beste dorp in die land.

Inwoners hoop die titel Dorp van die Jaar sal wys dat dié dorp vir meer as net sy legendariese branders bekend is.

Dié dorp aan die Oos-Kaapse kus is Sondag op kykNET as die joernaalprogram Kwêla se wenner in sy kompetisie aangewys.

Die ander twee dorpe in die topdrie is Mariental in Namibië en St. Lucia in KwaZulu-Natal.

As die wenner kry Jeffreysbaai uitsendingstyd ter waarde van R1 miljoen om die dorp te bemark.

“Kaapstad het die berg en ons het die branders, maar ons het goeie en warm mense wat altyd verwelkomend is. Dít is wat die dorp so uniek maak,” sêt Horatio Hendricks, die Kouga-munisipaliteit se burgemeester.

Met die nuwe titel wil Hendricks nie net Jeffreysbaai nie, maar ook die groter Kouga-omgewing bemark.

“Ons glo die nuwe titel sal help om toeriste en nuwe inwoners te lok. Nuwe inwoners kan werkgeleenthede skep en ons plaaslike ekonomie help groei.”

Mariza Roux, die Kouga-sakeforum se administrateur, meen die prys vir onder meer die bemarking van die dorp sal vir ’n groot ekonomiese inspuiting sorg. “Die Kouga-gebied sal onder die aandag van beleggers gebring word, en dit kan ’n verdere voordeel vir die dorp en die omgewing inhou,” sê sy.

“Uitbundige uitroepe, liggies, papierlinte en blinkers het die dorp opgevrolik toe die nuus Sondagaand bekend gemaak is. Sjampanje is geskink en die opgewondenheid was aansteeklik.”

Hendricks sê die groter plan is om Kouga as ’n heeljaarbestemming en nie net vir vakansies nie te posisioneer.

“Hier is wonderlike blouvlagstrande, goeie branders, oopwaterswembyeenkomste en goeie restaurante – alles in ’n baie veilige omgewing.”

Hy sê die titel is te danke aan ’n gesamentlike poging deur die inwoners en hy het almal vir hul bydrae bedank.

Deon Goosen van die Jeffreysbaai Dorp van Drome-beweging het dit beaam en gesê steun is selfs uit die buiteland ontvang.

“Die reaksie was oorweldigend positief. Daar is gate in die strate en die sypaadjies is dalk nie altyd skoon nie, maar die mense het nogtans saamgewerk om die dorp te help groei.”

Binnelandse boere en ander vakansiegangers wat jaarliks na Jeffreysbaai stroom, het in die laaste week op groot skaal aan die stemmery deelgeneem. “En natuurlik het ons surfers ook gestem,” sê Roux.

“Dit is ook niks minder as reg nie dat erkenning gegee word aan een van die groot dryfvere agter hierdie oorwinning, naamlik die ontslape burgemeester, Elza van Lingen.” Van Lingen is op 19 April aan kanker dood.

“Haar wens was dat Jeffreysbaai die titel wen. Elza se deursettingsvermoë en werketiek het dikwels as aansporing gedien vir die beplanningskomitee onder leiding van Joe Ferreira, voorsitter van die Kouga-sakeforum, om nog meer te doen,” sê Roux.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.