Die Laerskool Jeffreysbaai vier 100 jaar

2019-03-28 06:00
: BO EN ONDER: Die oorspronklike blou kleur van die skoolgebou van die Laerskool Jeffreysbaai het oor die jare plek gemaak vir ’n skakering van grys en wit.Foto’s: VERSKAF

: BO EN ONDER: Die oorspronklike blou kleur van die skoolgebou van die Laerskool Jeffreysbaai het oor die jare plek gemaak vir ’n skakering van grys en wit.Foto’s: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KUNSTENAARS . . . stalletjies . . . kleurvolle pretdraf . . . kos . . . en sport.

Alles op een dag. Met een rede: om groot fees te vier.

Die Laerskool Jeffreysbaai - ’n toonaangewende skool waar onderwys op professionele, voortreflike en aanpasbare wyse in Afrikaans en Engels aangebied word - hou op 12 April ’n groot fees by die skool ter viering van hul 100ste bestaansjaar.

Die begin?

Die skool het op 1 Januarie 1919 vir die eerste keer geopen. Dit volg na ’n klein skooltjie in 1913 van Sunnyside na Jeffreysbaai verplaas en ’n nuwe primêre skool op 21 November 1918 gestig is.

Die eerste skoolhoof, asook eerste onderwyser, Mej. J.E.C. Buys, het in die beginjare slegs tien leerders onder haar bekwame vlerk gehad.

Nagenoeg ses jaar later is die eerste volwaardige skoolgebou teen ’n koste van 150 Pond in 1924 opgerig. Dié gebou dien tans as die J.E.C. Buys Klerebank. Voor die klerebank was die gebou ’n biblioteek.

Die huidige skoolgebou is in 1980 gebou.

Deur die jare het die laerskool in status tot ’n gewilde skool gegroei en spog tans met nagenoeg 800 leerlinge.

Die oorspronklike blou kleur van die skool het oor die jare plek gemaak vir ’n skakering van grys en wit.

Missie en Visie

Die skool verbind hom tot die uitbreiding van die taal en kultuur waarin die leerders onderrig word.

Die instansie streef daarna om ’n veilige, stimulerende en gedissiplineerde omgewing vir die leeraktiwiteite van al die leerders daar te stel.

Die skool se sportgeriewe vergelyk met van die bestes in die provinsie. By die Laerskool word veral beklemtoon dat leerlinge alle sport moet geniet sodat die beginsel van gesonde sportmangees sterk gevestig word.

’n Hoogtepunt op die laerskool se sportkalender is die jaarlikse Value Added Life Aloe Cup.

Twaalf o.11-rugbyspanne en o.12-netbalspanne van skole in die Oos- en Wes-Kaap, asook die Vrystaat, meet in Junie vanjaar kragte in Jeffreysbaai tydens die jaarlikse KFC Aloe Cup - die grootste geleentheid op die Laerskool Jeffreysbaai se rugbykalender.

“Dit is ons bede dat alle aktiwiteite van ons skool tot eer en verheerliking van God, Ons Vader, uitgevoer word,” sê skoolhoof Johan Dippenaar.

“Ons leuse ‘Altissima Pete’ beteken juis ‘Strewe na die Allerhoogste’.”

Personeel

Die skool spog met ’n dinamiese groep perso-neellede wat alles insit om te sorg dat leerders die beste onderrig en top-afrigting ontvang.

“Ons handhaaf ’n goeie balans tussen ervare en jong, energieke onderwysers. Dié kan soms tot groot sports lei - soos weerspieël tydens ons personeelontwikkeling-sessies,” sê Dippenaar.

Laerskool Jeffreysbaai het verder ’n betrokke beheerliggaam wat uit hul pad gaan om die geboue en onderrigmedia te verbeter en te vernuwe.

Volgens Dippenaar vorm hulle, in samewerking met die hoof, adjunkhoof, departementshoofde en bestuur, ’n span wat sorg dat die skool dié plek is waar leerders wil wees.

“Dankie aan ons gemeenskap wat so graag help en dankie vir almal wat ‘n positiewe toe-voeging tot ons skool gehad het,” sê Dippenaar.

“Mag die volgende 100 jaar bou op die fonda-sies wat reeds gelê is.”

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.