Die manne in blou

2016-07-28 06:00
: Jannie Hough Foto: VERSKAF

: Jannie Hough Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MY pa was n ’n voetpolisieman. Jy was vroeër òf te voet òf berede.

Hy is ná matriek (na ’n jaar as prokureursklerk) na die polisiekollege in Pretoria – vir ses maande. Toe moes hulle nog perdestalle skoonmaak. Vandaar die naam berede: die manne in bruin het perd gery, die manne in swart was te voet. Toe perde deur Harleys met sidecars vervang is, was die bruin uniformmanne steeds berede. Hulle het kamaste ge-dra, Sam Browns met .38 rewolwers – veel meer imponerend as die voetpolisiemanne.

Watter dinge destyds ten goede of ten slegte “anders” was, moet die mense van 2016 (wat iets daarvan weet) maar self besluit. Maar dit wás anders. My pa was ’n diender in murg en been. Ek sê nie hy was volmaak nie; maar hy was meesal ’n gentleman, hoogs belese en intelligent, ’n vlekkelose karakter sonder ge-raamtes in die kas. Het in die loop van die jare wette vir promosie-eksamens uit sy kop ge-leer; die wet onkreukbaar toegepas, geen omkoopgeskenke geneem of saam met die “manne van die panne met die kanne in die hanne” rooineus gemaak nie. Dodelik militaristies gedissiplineer. Sou jou toesluit – of jy die dorp se enigste haarkapper was, of die dokter se vrou wat by ’n danspartytjie uithaak. Jy sou daai selfde nag nog in die boep slaap. Pure man – dekades lank.

In daardie dae toe die dominee voor die Indiër-winkel gesit het om te kyk wie by hulle koop; toe jou kanse op bevordering maar skraal was as jy nie aan die vooropgestelde Afrikaner-establishment gehoorsaam was nie; toe mense in die strate gejuig het as ‘n bekende, maar onbeminde, politikus gesterf het – in daardie dae was my pa (teen die oormag in) stasiebevelvoerder. En beter sou jy nêrens vind nie – want hy het adel van karakter gehad, wát ook al sy politieke of religieuse oortuigings of inkopiewinkel was. En, vir die rekord – ja, hy hét by die Indiër gekoop. Én sy kinders geleer om mense van alle kulture te respekteer. Dit grief my vandag nog dat swart polisiemanne van vroeër ’n ander soort uniform as hul wit eweknieë moes dra.

Maar dit was nie al wat anders was nie. Die uniformdraers van toeka (van watter geslag ook al) kon ’n krimineel inhardloop. Hulle het nie daarvoor ’n polisiemotor nodig gehad oor hulle te vet was nie. Hulle was kliphard en gespierd – minus die pens, uitasem longe, XL-uniforms en ’n attitude. As hul iets blink op die skouer gedra het, moes jy weet hulle het deur die ranks gegaan – nie sommer van civvie-straat ingeploeg en ’n generaal geword nie. En hulle het die skurke gevang, nie die eerlike ouens nie.

So hoor ek eendag hoe ’n byderwetse offi- sier die papgeryde buzzword gebruik: “Mense wat die reg in eie hande neem, sal met die volle krag van die wet bots.” (Gaap). Ek wonder toe: As dié geagte offisier so presies weet wat die “volle krag van die wet” is, hoekom gebruik sy en haar kollegas nie hul gesag om die oorsaak van frustrasie te beveg nie? Want die ouens wat sy toe so dreig, het rede om te kerm en te mor – want geeneen van die wets-toepassers in hul dorp doen iets aan die pro-bleem wat die mense eie reg wil laat gebruik nie. Dus: die oortredings gaan voort, maar die publiek wat daaronder ly, word gedreig. En moenie vir my kom sê niemand lê ’n klag nie. As ’n polisieman ’n misdaad sien, moet hy iets daaraan doen!

Maar terug na daai tyd: Polisielede het in polisievoertuie by stopstrate ge-S-T-O-P, nie oorge-cruise nie. Hulle het nie sommer uit ’n wagtende ry motors geglip en oor ’n parkeerruimte geskiet net om die stopteken te vermy nie. En van uniformdraers gepraat: vroeër se verkeers- of polisieman het nie, as sy kind ’n ongeluk veroorsaak, self by die toneel opge-daag en sy lyf rondgegooi en voorgegee almal is skuldig behalwe sý ou bloedjie nie. (Maar watchit, pal, die wiel het ’n manier om te draai). Korrupsie was vroeër ’n rare woord – nie ’n daaglikse term nie. Brutaliteit was daar seker altyd, maar ek het as jongmens nooit gesien dat ’n gewaande misdadiger agter ’n polisiemotor aangesleep word, dat generaals soos nikswerd arbeiders op ’n streep die trekpas kry, dat uitstaande polisiemanne nie be-vordering kry nie, dat...dat.

“Jy weet niks van polisiewerk nie!” sou iemand dalk knor. Verkeerd. Behalwe dat my pa die grootste deel van sy lewe uitstaande diens gelewer het (die balkies op sy bors was nie tjoklitpapiere en sy sterretjies nie Coke-doppies nie), was ek jarelank uit vrye wil self ’n kommandolid én ’n polisiereservis. Ons is onder die klippe gesteek dat dit lyk soos sterrereën, en ons het met wapens gereed gestaan sonder om ’n skoot te skiet. En dan het ons ná die party vir ure nog in die dorpsdeel aangebly – sonder polisiemotors en honde en masjiengewere. Ek wéét iets van die polisie.

Maar ten slotte, ek het steeds ongelooflike respek vir die manne en vroue in blou. Maar nie vir kansvatters nie (Illegitimi non carborundum!). Ek hou van uniformdraers op wie jy kan vertrou. Ek dink hulle doen uitstaande werk. En ek dink daar is sommer baie goeies van hulle in ons land. Hulle behoort trots te wees op hul erfenis. Hulle moet hul uniforms met trots dra. En baie doen dit ook.

Ons salueer elke polisieman en -vrou wat die land eerbaar dien.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.