Die sewe wonders van ons land

2016-06-02 06:00

’n Lig het vir my opgegaan.

Ek dag altyd die sewe wonders van die wêreld is waffers – tot ek sewe groteres hier onder my neus ontdek het, in die nimlike land waar ek woon. Laat ek jou ook uit die duisternis die lig inlei.

Eerste Wonder: Die wonder van Van Riebeeck. Het jy geweet hy het nie 364 jaar nie, maar 2000 jaar gelede aan die Kaap geland? (Bron: parlementslid Deborah Raputhi in die parlement op Donderdag 19 Mei). En nee – ek het nie ’n gehoorstuk nodig nie. Ek kan nie besluit wat die grootste wonder is nie – ons geskiedskrywers se gebrekkige kennis, of dat Raputhi nog nie ’n prof. in antieke geskiede-nis aan Fort Hare is nie. Wat soek so ’n manjefieke navorser in die parlement?

Tweede Wonder: Robert Mugabe se BA-graad in 1951 aan Frot Hare-universiteit. Hoekom juis daar? Ek lees hoe hy op 20 Mei handjie-handjie met ons namba One daar aangekom en luisterryk gaste toegespreek het. Toe hulle later na die markiestent met sy watertandgeregte wou verkas, het 200 studente ongelukkig reeds daar gaan kuier en feitlik al die kos weggedra. Nou verstaan oom Bob se assosiasie: dis soos sy grondbeleid – Moenie vra nie – vat net.

Derde Wonder: Die wonder van die paaie se slaggate. Die werklike rede vir die verweer van ons teerpaaie is gladde motorbande. So skryf ’n verkeersbeampte onlangs ’n kaartjie van R125 vir geslyte bande en motiveer soos volg: “Vehicle equipped with worn tyres that could damage the road.” Jou wrintiewaar – soveel diepe insig. Njannies – ek het die bewys op my selfoon. Dus, hoe gladder die bande, hoe dieper die slaggate. Ek dag immer slaggate beskadig bande, maar dis eintlik andersom.

Vierde Wonder: Die Wonderpad tussen Jeffreys en Astonbaai wemel steeds van bees-te, bokke en nou ook (wag hiervoor) varke! Talle koerantartikels ten spyt, vermeerder die diere steeds. Ek wonder: gaan die munisipaliteit nooit iets hieraan doen nie? Is hulle spiteful? Onlangs loop beeste voor die dorp se slaghuis verby. Varser vleis kan jy nêrens kry nie. Wie is verantwoordelik? Jan van Riebeeck natuurlik. Die ou swerkater! Dis hý wat 2000 jaar gelede die land met sy ongedissipli-neerde koloniale dierasies kom besoedel het. Hulle nageslag is nog net dieselfde.

Vyfde Wonder: Die Wonder van duisende plastiek- en ander sakke in en rondom die plaasgebied op pad na Astonbaai. Waar ék woon, is omgeemense (meesal oueres) besig om self die dorp op eie koste skoon te hou. Maar weereens, ek begryp nóú eers die vyfde wonder: hoe meer rommel gestrooi word, hoe meer werkskepping is daar. Dis tog logies.

Sesde Wonder: Briljant! Die nuwe amptelike grassnyers is...beeste. Dit spaar brandstof, herstelkoste, nuwe aankope, mekênieks, onnodige uitgawes. Dis groen. Dis modern. Die lug bly skoon. Dit verskaf bemesting as ’n neweproduk. Dit verhoog melkproduksie – en dit alles sonder dat iemand ’n pinkie hoef te lig. Verhewe denke, Geagte Raad.

Sewende Wonder: Die wet op onteiening. Zim se Bob kan ons niks hiervan leer nie. Selfs die pas-goedgekeurde wet is nie ’n nuutjie nie. In al ons dorpe en stede word jou eiendom lankal onteien. As jy iets in jou tuin sit, word dit onteien. Jou plante word onteien. Jou stukke staal. Jou tuingereedskap. Noem maar op. Hier ter plaatse woon spesialiste in onteiening. Waar ’n tik- of daggakop rondloop, is enige sigbare item ’n voorwerp van onteiening. En saam met die onteieningswet geld ook die wet van eiening: Jy eien jou die reg toe om rommel te strooi. Nie net die eko-nomie is naby rommelstatus nie. As geleerdes op die land se leë erwe gaan loer, dán sal hulle sien wát rommelstatus is.

Hoor tog hierdie stem roepende in die woe-styn: Iemand sê as jy met jou hart na die wêreld kyk, sien jy ’n tragedie; kyk jy met jou verstand, sien jy ’n komedie. Ek kan net nie besluit wat om ons sewe wonders te noem nie: ’n tragi-komedie, of ’n komi-tragedie. Maar hier is ’n feit: die sewe wonders van die wêreld lyk soos Miekie Muis teen ons Eie! Wonderlike! Tipies Suid-Afrikaanse! Sewe Wonders.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.