Dit raak al duurder om kanker te bestry

2016-10-13 06:00

KANKERGEVALLE in Suid-Afrika sal tot 2030 met 78% toeneem, terwyl kankerbehandeling vir pasiënte en mediese fondse onbekostigbaar word.

Nuwe middels wat gebruik word om kanker te behandel, kan ’n pasiënt tot R1,5 miljoen per jaar kos, skryf navorsers in die jongste uitgawe van die South African Medical Journal.

Die koste van kankerbehandeling was in 2007 in die VSA reeds so buitensporig dat dit die oorsaak vir die meeste persoonlike bankrotskappe was.

“ ’n Redelike prys geld nie meer in die farmaseutiese bedryf nie. Elf van die 12 middels wat deur die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-owerheid (FDA) goedgekeur is vir kankerbehandelings kos in Suid-Afrika R1,5 miljoen per pasiënt per jaar.”

Volgens die navorsers wat die artikel geskryf het, almal kenners in geneeskunde en onkologie, kos behandeling met nuwegenerasiemiddels wat immuniteit onderdruk, soos ipilimu­-mab, tot R1 miljoen en trastuzu-mab tot R25 000 per behandeling.

Behandeling vir ’n mastektomie met trastuzumab kos tot R500 000 en immunoterapie vir ’n melanoom wat versprei het, kos sowat R1 miljoen.

Die tipiese dekking van ’n mediese skema vir kankergevalle wissel tussen R200 000 en R400 000 – heeltemal te min vir dié nuwe middels.

In die staatsektor is die radioterapie wat beskikbaar is heeltemal onvoldoende. Daar is 0,4 masjiene per een miljoen mense, terwyl dit drie per een miljoen mense behoort te wees. Sowat ’n kwart van die land se onkoloë bedien driekwart van die land se kankerpasiënte.

“Wat sal gebeur as kanker met 78% toe-neem?” vra die kenners. Daar moet dring-end na die verlaging van pryse gekyk word en ook beter besteding van die huidige begroting.

Spesialiste wat pas gekwalifiseer het, behoort verpligte diens in die staatsektor te verrig, en algemene praktisyns moet beter opgelei word om kanker vroeg te diagnoseer.

Die vasstelling van pryse is ’n internasionale kwessie, maar lande moet aktief saamwerk om dit te help verlaag met nuwe wetgewing oor patentreg.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.