Droom-projek in Tsitsikamma kry gestalte Droom-projek in Tsitsikamma kry gestalte

2015-11-11 06:01
Die Deense kroonprins, Frederik (met die blou baadjie), is gister deur Thomas Garner (langs hom), uitvoerende hoof van die energiemaatskappy Cennergi, by die gemeenskapswindplaas in die Tsitsikamma verwelkom. Foto’s: Werner hills

Die Deense kroonprins, Frederik (met die blou baadjie), is gister deur Thomas Garner (langs hom), uitvoerende hoof van die energiemaatskappy Cennergi, by die gemeenskapswindplaas in die Tsitsikamma verwelkom. Foto’s: Werner hills

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE droom van ’n Tsitsikamma-vrou se seun het gister daartoe gelei dat sy die Deense kroonprins vir tee in haar huis kon onthaal.

Dié koninklike teedrinkery van Monica Msizi en kroonprins Frederik van Denemarke het gister op ’n heuwel in Wittekleibosch afgespeel. Dit is ook hier waar Mike, Monica se seun, van ’n windplaas vir die Oos-Kaap gedroom het.

“My seun se deursettingsvermoë het gesorg dat ek en ’n prins saam in my huis kon tee drink,” het Monica gisteroggend oorstelp gesê.

Frederik was gister een van die gaste toe Mike se droom amptelik as die Tsitsikamma-gemeenskapswindplaas bekend gestel is.

Volgens Thomas Garner, uitvoerende hoof van die energiemaatskappy Cennergi, het Mike se droom posgevat toe hy in die 1970’s in ballingskap in Denemarke gewoon het. “Mike het die windturbines in Denemarke gesien en geglo dit is iets wat Suid-Afrika, en spesifiek die Oos-Kaap, ook kan benut om krag op te wek.”

Mike het kort ná 1994 na Suid-Afrika teruggekeer en sy idee van ’n windplaas aan sy familie vertel.

“Wind sal krag opwek én lugbesoedeling verminder,” het hy volgens sy ma destyds vertel. Dit is waarby hy gestaan het, het sy gister bygevoeg.

Mike het net voor 2008 ’n mas op hul grond in Wittekleibosch opgerig en die wind vir sy droomprojek begin toets.

“Daardie dag was, soos vandag, ’n besonderse dag. Ons is mos maar ’n arm gemeenskap en nie sulke groot oomblikke gewoond nie. Maar ek kon toe al sien Mike gaan die ding laat gebeur,” het Monica gesê.

Hoewel Mike se entoesiasme ander inwoners hul kritiek laat sluk het, was daar nie kapitaal om die droom waar te laat word nie.

“Dis toe dat die Deense ambassade, waar Mike baie kontakte gehad het, my laat weet dat iemand met my wil praat oor ’n projek vir windturbines,” het Garner gesê.

Planne is beraam en teen 2012 is die kontrak onderteken wat bepaal het dat Cennergi en die Tsit­sikamma-ontwikkelingstrust in vennootskap die Tsitsikamma-gemeenskapswindplaas sal laat oprig.

Mike het egter in Oktober 2012 in ’n ongeluk gesterf.

“Dit was ’n baie hartseer oomblik, veral omdat ek weet hoeveel werk Mike in die projek ingesit het,” het Garner gister bewoë vertel.

Om Mike se droom lewend te hou, het Garner nie vir ’n oomblik stilgesit nie en het hy die projek deurgesien.

Teen einde Augustus vanjaar het die eerste komponente vir die R3 miljoen-windplaas in die Baaise hawe aangekom.

Gister was 17 van die 31 windturbines reeds voltooi. Almal behoort teen Desember gereed te wees om aan Eskom se netwerk verbind te word.

Volgens Garner behoort die eerste krag teen 25 Maart 2016 gelewer te word.

“Al waaraan ek vandag kan dink, is Mike wat gesê het dat ons eendag hier in die Tsitsikamma ’n windplaas sal oprig. Dit is nou hier . . . Sjoe, dit is net wow om die vordering te sien,” het Garner gesê.

Koninklike protokol

Só verloop sake wanneer ’n koninklike, soos kroonprins Frederik van Denemarke, in die midde is: Minstens drie fotograwe arriveer saam met die koninklike gevolg. ’n Kort man stap vooruit en maak seker die nuusmediaverteenwoordigers ken hul plek.

Dié kort man is nie die kroonprins se lyfwag nie, eerder sy persoonlike assistent wat seker maak dat elke tree wat die prins neem, afgeneem word sonder om sy persoonlike ruimte te versteur.

“Staan hier, gaan wag daar voor, neem nou klaar en stap dan verder om van voor af ’n skoot te kry,” is van die woorde waarmee fotograwe deur die man aangehits is sedert Frederik se eerste tree uit die helikopter.

Nie eens die teedrinkery by Monica Msizi het sonder inmenging deur die kort man verloop nie. Monica het later vertel dat die prins sy tee swart drink en dat hy een van haar tuisgebakte beskuitjies geëet het.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Who are the highest paid models of 2017?

From Kendall to Gisele, check out who are the top models of 2017

 
 

You won't want to miss...

10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.