Eerste 100 dae in oënskou

2018-10-18 06:00

KOUGA-burgemeester Horatio Hendricks het gestand gedoen aan die tradisie om die eerste 100 dae van ‘n openbare ampstermyn in oënskou te neem.

Sy eerste 100 dae het op 29 Julie 2018 tot ‘n einde gekom. Hoogtepunt uit sy 100-dag rede, soos aan die Kouga-raad gelewer, was as volg:

  • Die lede op die burgemeesterskomitee is van ses tot vyf verminder ten einde meer geld vir dienste beskikbaar te stel.
  • Twee nuwe raadslede, Robin Jantjies en Timothy Jantjes, is ingesweer. Hulle vervang ontslape burgemeester Elza van Lingen en Rd Atri Carstens, wat weens persoonlike omstandighede bedank het.
  • Die Wyksontwikkelingsfonds is tot uit- voering gebring. Gemeenskapsgroepe van reg-oor die streek het daarby gebaat.
  • Elektrisiteit is aangelê by die informele nedersetting Donkerhoek en die Kruisfontein 391-ontwikkeling op Humansdorp. Altesaam 270 huishoudings het elektrisiteit ontvang.
  • Spreiligte is by Stofwolk op Hankey geïnstalleer. Die nedersetting het ook 15 chemiese toilette bygekry om die gebruik van die emmerstelsel te minimaliseer.
  • Tagtig reënwatertenke is by Hankey en Patensie opgesit ten einde die impak van die voortslepende droogte teen te werk.
  • Meer as 600 inwoners van Kruisfontein het die titelaktes vir hul huise ontvang. Die oorhandiging het op Nelson Mandela-dag by die gemeenskapsaal plaasgevind.
  • Jeffreysbaai is aangewys as die Kwêla Dorp van die Jaar. Die wenprys was R1-miljoen se gratis bemarking en ‘n borgskap van KIA, ook ter waarde van R1-miljoen, vir die reël van ‘n groot makietie. Die KIA Makietie Jeffreysbaai het oor drie dae in September plaasgevind en meer as 10 000 besoekers ge-trek.
  • Die Jeffreysbaai Winterfees was ‘n groot sukses en het meer as 290 tydelike werksge-leenthede geskep. ‘n Hoogtepunt was die Wêreld Kampioenskap-toer vir vrouens wat vir die eerste keer sedert 2000 weer op Jeffreysbaai plaasgevind het.
  • Kritiese vakante poste is gevul terwyl personeelkoste tot ‘n minimum gehou is. Die salarisrekening vir die laaste drie maande van 2017/2018 was laer as wat dit was tydens die eerste drie maande van die boekjaar ten spyte daarvan dat die hoeveelheid permanente personeel vanaf 811 tot 873 vermeerder het.
  • Die munisipaliteit se eerste Finansiële Wangedrag Dissiplinêre-komitee is tot stand gebring ten einde bedrog en korrupsie te help hokslaan.
  • Onreëlmatige uitgawes van R2,5-miljoen, wat terug dateer na 2013/2014, was deur die Munisipale Openbare Rekeninge-komitee ondersoek en afgeskryf volgens wetlike voorskrifte.
  • Ten einde misdaad te help hokslaan, het die munisipaliteit hande geneem met ‘n seku-riteitsmaatskappy om kameras by dorpe se ingange te installeer.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.