Esté: Mevrou Aangenaam

2016-04-21 06:00
Esteé Jordaan.                Foto: JANNIE HOUGH

Esteé Jordaan. Foto: JANNIE HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Haar glimlag sien jy altyd eerste raak: hierdie guitige vrou van Jeffreysbaai.

Geboorteplek: Hartswater. Skoolgaanplek: Baillie Park Primêr en Hoër Volkskool in Potchefstoom. Universiteit: PU vir CHO. BA: Maatskaplike sorg (Wat anders?). Alles val in plek: Afrikanerdogter, Potch, Volkies, Pukke, sout van die aarde!

En moenie dink sy het sommer in haar geliefde se skoot geval – hierdie stroopsoet eerstejaartjie nie. Al hét hulle mekaar op ’n sendingkamp ontmoet! Eers ’n jaar later het hulle weer ontmoet, vriende geword, gekys. Hy moes haar ’n paar keer vra om te trou – soos dit gaan met ’n meisie van Hartswater. En soos dit gaan met ’n jongman van kaliber, moes sý die laaste keer vra. Playing hard to get het mos perke. Sy is op haar 25ste verjaardag met haar universiteitsliefde getroud. Sy is stout genoeg om haar liefling se bynaam te verskaf, maar, sorry Esté, dis vir ’n ander keer!

Haar ander hartsdinge het nie agterweë gebly nie. Sy het sewe jaar lank maatskaplike sorg praktiseer, voordat hulle Jeffreysbaai toe verhuis het. Hier het sy Mevrou Apteek geword. En hier het mense haar glimlag leer liefkry – veral omdat vriendelikheid haar wagwoord is, nie vanweë nét goeie tye nie, maar ten spyte van hierdie lewe wat mense dikwels seermaak.

Soos haar geaardheid, is haar antwoorde op vrae sonnig en tergend: Sy kan nie waffers spel nie; haar grootste sukses was om met haar liefie te trou; haar vernaamste stokperdjie is om saam met hom te werk! Maar dié wat ken, weet sy is belese, berese en slimmer as wat sy wil voorgee.

En as sy haar lewe kan oorhê? Sy sou minder bekommerd en meer kreatief wees. En – sy sou gouer ’n Exell-kursus gevolg het.

Sy weet glad nie wat mense van haar dink nie, maar sy bly verwonderd oor en lief vir mense; sy gee om; sy vind vreugde in gewone dinge. Sy leef volgens een beginsel: Liefde vir ander en liefde vir God. Sy vermy konflik, sy reik uit, sy gee haarself.

Al het sy nie ’n idee wat mense se opinie van haar is nie, sê ek sommer namens die publiek: “Stay as sweet as you are.” En as jy soms bang is dat jy nie goed genoeg is nie, sê ons almal: Jy is!

Ons wil jou minder in die kantoor sien en meer op die vloer, mevrou Vriendelik.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

How to open a beer bottle without an opener

Do the right thing and never be thirsty again…

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.