Gaan op ’n lees-ervaring met LAPA

2018-04-05 06:04
LAPA Uitgewers bied vandeesmaand ’n in-die-maag-skop spanningsroman en ’n kragtoer fiksieboek aan Kouga Express-lesers.                      Foto:VERSKAF

LAPA Uitgewers bied vandeesmaand ’n in-die-maag-skop spanningsroman en ’n kragtoer fiksieboek aan Kouga Express-lesers. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

LAPA Uitgewers bied vandeesmaand ’n in-die-maag-skop spanningsroman en ’n donker kragtoer fiksieboek aan Kouga Express-lesers.

Eerste op die lys is Die Vyfde Aspoester, ’n spanningsroman uit die pen van plaaslike skrywer Jan Vermeulen.

Die Vyfde Aspoester delf in die lewenslange invloed wat gesinsgeweld, asook geweld in die algemeen, op die psige van ’n mens kan hê. Dit ondersoek die invloed wat geweld teen vroue en kinders op die samelewing het. Kwessies soos pedofilie, geestesversteuring en seksverslawing word aangespreek teen die agtergrond van ’n reeks bisarre misdade waarin jong meisies vermink word voordat hulle sterf.

Die roman begin met ’n donkerkopmeisie wie se liggaam in ’n agteraf hotel in ’n Aspoester-uniform gevind word. Haar linkervoet se tone is afgesny sodat die voet in die glasskoen kon pas. Haar oë is netjies verwyder. Daarna is haar nekaar gekloof sodat sy kon doodbloei.

Die lyke van nog drie meisies word binne ’n paar dae gevind.

Volgende op die boekwurm-lys is Blom in die hare deur Kristel Loots.

Blom in die hare is Loots op haar beste. Sy beskryf die leefwêreld van gewone vroue van verskillende ouderdomme en verskillende figure.

Die skrywer krap op plekke waar ander nie wil gaan nie. Juis daarom is die laaste bladsy in die boek so belangrik. Dit neem die leser op ’n kragtoer, dit bring alles bymekaar en bring ’n enorme verligting aan die leser.

Regdeur die boek is daar pragtige oomblikke, maar die liefde kan ook seermaak; dit word nooit ontken nie.

WEN! WEN! WEN!

Om vir die prys in aanmerking te kom, vind die artikel op die Kouga Express Facebook-blad - Kouga Express Newspaper - en vertel ons watter boeke jy graag wil wen. Die kompetisie sluit om 12:00 op 12 April.

Vir meer inligting, kontak Monique Basson by 042 293 2973 of Monique.Basson@media24.com.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.