Gebarste pyp ontstel inwoners

2018-10-25 06:01
Die afgelope Sondag was dit weer so: gebarste pyp in Pelikaansingel. Vier-en-’n-halfuur ná die vroeg- oggend-oproepe het die munisipaliteit opgedaag om herstelwerk te doen. Intussen het die water ongehinderd oor die pad en in erwe ingespoel.                            Foto:JANNIE HOUGH

Die afgelope Sondag was dit weer so: gebarste pyp in Pelikaansingel. Vier-en-’n-halfuur ná die vroeg- oggend-oproepe het die munisipaliteit opgedaag om herstelwerk te doen. Intussen het die water ongehinderd oor die pad en in erwe ingespoel. Foto:JANNIE HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE afgelope Sondag was dit weer so: gebarste pyp in Pelikaansingel, Astonbaai - die soveelste een vanjaar.

Inwoners het van vroeg reeds na die massa water in the straat gestaan en kyk. Erwe is oorstroom, sosialisering is gekanselleer. en laagliggende huise moes dit weer ontgeld.

Inwoners het van 06:00 die oggend begin bel - tevergeefs. Net die brandweer reageer en hulle sê net die werkers het die een of ander klep gaan soek.

Vier-en-’n-halfuur ná die vroeg- oggend-oproepe het die munisipaliteit opgedaag om herstelwerk te doen. Intussen het die water ongehinderd oor die pad en in erwe ge-spoel.

Daar was geen reaksie by die munisipale noodnommers nie.

’n Werknemer van die munisipaliteit beweer die hoof-watertoevoer is vroeg al toegedraai, maar op die vraag hoe laat dit gedoen is, kan hy nie antwoord nie.

Op nog ’n vraag hoe die water kan aanhou stroom as die hooftoevoer so vroeg toegedraai is, kan hy ook nie antwoord nie.

Intussen moes hulle ook aan ’n gebarste pyp in Barbetsingel aandag gee.

Behalwe die ongemak van oorspoelde erwe, is daar die probleem dat randstene nie die laagliggende huise teen waterprobleme beskerm nie. Van die inwoners het al ten duurste pypleiding aangelê om die probleem die hoof te bied, maar dit beteken slegs dat water van die voorkant van hul huis na die agterste erf gelei word ten einde die huise se mure te beskerm.

Randsteenprobleme

Volgens ’n inwoner, lê die eintlike krisis by die randstene.

“As die munisipaliteit dit aanlê, sal water nie die erwe binnestroom nie.

“Hulle standaardantwoord is dat die publiek dit self moet laat doen - maar dan slegs deur ’n sekere kontrakteur deur hulleself aangewys.”

Aansoekers is egter dadelik gemaan om nie die kontrakteur vooruit te betaal nie.

“Inwoners van die woongebied storm nie in hul duisendtalle na die munisipale geboue om dit aan die brand te steek nie,” sê een inwoner. “Maar hoe gaan dit ’n verskil maak? Lyk my die stembus is die enigste oplossing.” Kouga Infrastruktuur en Ingenieurswese Portefeulje Raadslid Freddy Campher sê: “Dit is ongelukkig nie duidelik watter nommer die inwoners probeer skakel het nie.

“Die munisipaliteit se inbelsentrum is tussen 07:30vm en 19:00 oop en diensfoute en versoeke kan tydens hierdie ure direk hier gerapporteer word. Buite hierdie ure kan diensfoute by die noodnommer gerapporteer word. Die noodnommer is die nommer vir die brandweer.

“Foute kan ook enige tyd, dag of nag, via die Link-toep gerapporteer word.”

Campher gaan voort: “Ons vra om verskoning dat dit Sondag so lank geneem het voor die hooftoevoer na die geaffekteerde gebied afgeskakel is. Dit skyn daar was ’n misverstand tussen die noodkamer en inbelsentrum, gevolglik is die tegniese-span wat op bystand was eers na 07:30 ingelig oor die gebarste pyp. Die hoof-toevoer is toe dadelik toegedraai en die bars sowat drie ure later herstel na die werk in Barbetsingel afgehandel is.”

Volgens Campher lê die munisipa-liteit le wel randstene aan by die laerliggende kant van ’nstraat ter wille van stormwaterbestuur, maar nie aan die hoërliggende kant nie.

“Huiseienaars aan die hoërliggende kant kan wel self randstene laat aanlê.

“Die munisipaliteit vra wel dat huiseienaars die tegniese-afdeling kontak rakende moontlike kontrakteure. Hierdie reëling is in plek gestel as gevolg van swak werk wat in die verlede gedoen is deur privaat kontrakteurs wat nie noodwending die nodige kundigheid het nie en dan bloot groter probleme veroorsaak.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Man drowns in Vaal River

6 minutes ago

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.