Geniet 4x4-familiedag in Elandsriviervallei

2018-10-25 06:02
The Meadows 4x4-uitdaging vind die Saterdag plaas. Foto:NEIL WHITEHEAD

The Meadows 4x4-uitdaging vind die Saterdag plaas. Foto:NEIL WHITEHEAD

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die gewilde The Meadows 4x4 Familiedag word vanjaar op 3 November in die Elandsriviervallei, sowat 30km van Rocklands af, gehou.

Vanjaar word nie net avontuursoekers met 4x4-voertuie genooi om die uitdagende roete aan te pak nie, maar ook 4x2 avontuurlustiges.

Volgens Donovan Whitehead, wat saam met sy vrou Sunelle dié 4x4 uitdaging en familiedag organiseer, word voertuie in groepe ingedeel om dit makliker te maak om die roete sonder enige onnodige oponthoud te voltooi. Elke groep het iemand wat die voortou neem. En daar is ook kategorie-pryse te wen.

“Dit gaan groot pret wees. Die rivier het water en die damme is vol, so ons is dankbaar,” sê Sunelle.

Die 4x4-roete gaan deur fynbosveld, verby asemrowende kranse en rotsagtige berg-oorhange en deur natuurlike bosse waar ou geelhoutboe te sien is.

Daar sal stalletjies wees met verskillende kosse, ‘n biertent (waar heuningkarrie geniet kan word), plaasprodukte, heuning, handwerk, kaas en vermaak vir die kleinspan. The Meadows het ook twee gastehuise en ‘n kampterrein vir gaste wat wil oorbly.

Inskrywings sluit op 31 Oktober.

Vir inligting, skakel Donovan by 082 458 9699 of Sunelle 082 458 9580.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.