Geniet ’n sitrusboordtoer saam Danie

2017-08-17 06:05
Danie Malan, boer van die plaas Tierhoek, bied vanjaar weer sy gewilde sitrusboordtoere ten tyde van die Gamtoos Sitrus Ekspo aan.      Foto:VERSKAF

Danie Malan, boer van die plaas Tierhoek, bied vanjaar weer sy gewilde sitrusboordtoere ten tyde van die Gamtoos Sitrus Ekspo aan. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DANIE Malan, boer van die plaas Tierhoek, bied vanjaar weer sy gewilde sitrusboordtoere ten tyde van die Gamtoos Sitrus Ekspo aan.

Sy sitrusboordtoere is glad nie ’n besigheidstorie nie, verduide-lik Danie oor die plaaslyn, “dis net vir charity, vir bewusmaking van die vallei”.

Kortliks werk dit só: ’n Groot sleepwa (met bankies en ’n dak) word agter die trekker met Danie agter die stuur gehaak, en dan is dit boorde toe.

“Ek wil hê hulle moet sien en iets van sitrus leer,” vertel hy. “Eerste wys ek hulle die jong boompies; hulle kry kleertjies (’n wit skermpie om die stam teen wind en son). Dan vertel ek hulle dié boompies is my soldaatjies; oor ’n jaar veg hulle net vir my .”

Van sy besoekers, vertel Danie verder, het só verlief geraak op sy jong sitrusbome dat hulle elke jaar kom saamry om te kyk hoe dit met die “soldaatjiebome” gaan.

“Die lekkerste vir hulle is wanneer hulle lemoene in die boorde pluk om hul eie sakkie vol te maak,” sê Danie. “Veral vir die kinders is dit ’n treat.”

Word die toere permanent aan-gebied? Nee, antwoord Danie; hy is ’n boer, nie ’n toerismeman nie. Dié wat wil saamry, sal dus maar op 25 en 26 Augustus na die Gamtoos Sitrus Ekspo toe moet kom.

Nog ’n bonus van dié feesdag is die groot verskeidenheid vars plaasprodukte wat te koop aangebied word. By die kunsstalletjies sal hoofsaaklik oorspronklike handgemaakte kunswerke verkoop word. Dié wat dors is, kan ’n koue in die biertent sluk of vars uitgedrukte Gamtoos-lemoensap geniet.

Benewens die Agri-ekspo met sy trekkers, bakkies en motors, behoort die vele ander aktiwiteite jonk en oud lekker besig te hou.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.