Gerda du Toit se langpad-uitdaging

2016-06-23 06:00
< Gerda du Toit (37), onderneem ’n motorfiets-toer van 4 000km om fondse vir jong kankerlyers in te samel wat prostese benodig. Du Toit (voor) en haar medereisiger Noel Monk (tweede van regs) het verlede Maandag by die Beach Cabanas oorgebly. Loreen Jacobs, Linda Smith en Joy Erasmus het hulle met ope arms verwelkom.          Foto: MONIQUE BASSON

< Gerda du Toit (37), onderneem ’n motorfiets-toer van 4 000km om fondse vir jong kankerlyers in te samel wat prostese benodig. Du Toit (voor) en haar medereisiger Noel Monk (tweede van regs) het verlede Maandag by die Beach Cabanas oorgebly. Loreen Jacobs, Linda Smith en Joy Erasmus het hulle met ope arms verwelkom. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VERLIES en swaarkry kom staan dikwels onverwags voor jou deur en soms dwing die pyn jou tot nuwe insigte. Gerda du Toit (37) is deur diep waters, maar sy is anderkant uit en besig om nuwe uitdagings te oorwin ten bate van jong kankerlyers wat kunsbene benodig.

Du Toit, ’n diabeet en oud-dwelmverslaafde, se bene is op 7 Mei 2014 geamputeer - op haar verjaardag. Dit was òf dit, òf haar lewe.

Die operasie het dié ma van twee se lewe onherroeplik verander, maar sy sou dit vandag nie anders wou hê nie. Dit is juis haar amputasie wat haar uitkyk op die lewe verander het. Dit was haar ysere wil en deursettingsvermoë wat haar gestaal het om skaars twee jaar later, haar rolstoel vir ’n motorfiets en die langpad te verruil.

Du Toit het op 6 Junie vanjaar Johannesburg verlaat op die rug van haar Cayenne-motorfiets, geborg deur Honda Integra, op ’n reis van meer as 4 000km regoor Suid-Afrika.

  • Haar reis neem haar van Johannesburg na Kaa

Du Toit se langpad-reis, Riding for a Limb, word deur die Kirsty Watts Foundation ge-rugsteun - ’n geregistreerde nie-winsgewende organisasie. Die inisiatief is deur Kirsty Watts op die been gebring toe sy net 14 jaar oud was. Na sy behandeling vir ’n kwaadaar-dige breingewas moes ontvang, het sy besluit om ander kinders te help wat nie die beste mediese sorg en ondersteuning kan bekostig nie. Tot dusver het die organisasie meer as 50 kinders met kunsbene toegerus.

Nie net hoop Du Toit om die eerste dubbel-geamputeerde vrou te word wat ’n motorfiets-rit van duisende kilometers voltooi nie, maar belangriker, om broodnodige fondse vir kinders wat kunsbende nodig het, in te samel. “Dit gaan nie oor my nie. Dit gaan daaroor om meer mense bewus te maak van die groot behoefte wat daar is,” sê sy.

Sy hoop om R2-miljoen in te samel en sodoende 100 kinders ’n nuwe begin te gee. Al die fondse wat ingesamel word, gaan direk aan die Kirsty Watts Foundation.

Volgens Du Toit, het dit na haar amputsie gevoel asof daar nie meer hoop is nie. “Ek het nie geweet wat die toekoms inhou nie, ek was bang.

“Vir my was dit die ergste dat ek nie kon staan en my seuns - Damian (4) en Aiden (5) - optel nie. Ons is so geneig om dinge as vanselfsprekend te aanvaar. Klein goed, soos om te staan en jou tande te borsel. Die uitdaging is nie maklik nie, maar daar is hoop.”

Du Toit vertel: toe sy nog in ’n rolstoel was, het sy die oorweldigende begeerte gehad om vensters te was - iets wat sy nie kon doen nie. “Ek het nou al vir twee jaar my prostese, en het nog steeds nie die vensters gewas nie,” sê sy laggend. “Ek het geglo daar moet maniere wees om dit te oorkom. Ek moes planne maak om daarmee saam te leef.”

En toe kruis Charl Beukes van Chuck House haar pad. Hy ondersteun en help die afgelope 18 jaar kinders en volwassenes sonder ledemate.

Beukes het die motorfietsreis oor Suid-Afrika voorgestel.

“Ek het nog altyd motorfiets gery. Na ek my motorfiets op 17 Januarie 2007 verkoop het, het ek nooit kon droom dat ek ooit weer sou ry nie,” sê Du Toit.

“Aanvanklik het ek gedink hy is nie lekker nie, maar hoe meer ons daaroor gepraat het, hoe meer het dit begin moontlik lyk.”

Toe begin die twee-jaar van beplanning. Die twee jaar het ook uitdagings van hul eie gehad. “Ek moes vir nóg ’n operasie gaan, en my jongste seun, Damian, moes in Maart vir ope-hart chirurgie gaan,” sê Du Toit.

As ’n ma van ’n siek kind en omdat ek weet hoe dit voel om ’n ledemaat te verloor, het ek besluit om die projek vir kinders aan te pak. Dui-sende kinders verloor ledemate weens kan-ker - dit is hartverskeurend. Daar is niks meer lonend as om ’n kind weer te sien loop nie.”

Du Toit het in Februarie dit weer vir die eerste keer op ’n motorfiets gewaag.

“Ek was heeltemal dom. Ek was in ’n absolute panic,” vertel sy laggend. “En glo my, ek het ’n hele paar kere omgeval. Die prostese het dit nie veel makliker gemaak nie. Maar dit is nie asof ek ’n been kan breek nie. So, dit was opklim en weer probeer. Die Cayenne mag dalk soos ’n bromponie lyk, maar sy ry soos ’n motorfiets.”

Vir meer inligting of om te skenk, skakel Du Toit by 071 674 6846. Besoek hul Facebook-blad, Riding for a Limb.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.