GLA se prestasie onderbeklemtoon

2018-01-18 06:00
Heather Diogo, met haar 97% gemiddelde, het inderwaarheid beter presteer as die leerder wat as beste presteerder in die Oos-Kaap aangewys is. Foto:VERSKAF

Heather Diogo, met haar 97% gemiddelde, het inderwaarheid beter presteer as die leerder wat as beste presteerder in die Oos-Kaap aangewys is. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

NA die bekendmaking van die 2017-matriekuitslae wil dit voorkom asof Global Leadership Academy (GLA) van Jeffreysbaai se prestasie groter is as wat statistieke toon.

Verlede week het Kouga Express berig dat van die 41 leerders 8 ’n gemiddelde A-simbool behaal het, die hele groep 81 onderskeidings, 30 vrystelling om graadkursusse te doen, en 11 diplomakursusse. Die top-leerder was Heather Diogo, dux-leerder met sewe onderskeidings. Dit is die sesde jaar agter mekaar dat dié skool ’n 100%-slaagsyfer het.

Thomas Schulz toon in die openbare media egter op ’n verdere prestasie: Heather met haar 97% gemiddelde het inderwaarheid beter presteer as die leerder wat as beste pre-steerder in die Oos-Kaap aangewys is. Hy wys daarop dat die rede hiervoor (“en ’n baie onredelike rede”) is dat onafhanklike skole nie in aanmerking geneem word wanneer individuele uitslae ter sprake kom nie – selfs al het die skole dieselfde eksamen afgelê.

Volgens haar finale gemiddelde is Heather dus eintlik die provinsie se mees uitstaande leerder. Hierdie feit is in die media en deur die Onderwysdepartement verswyg.

Die skool, ouers, leerders en onderwysers verdien met hierdie nuus dus nog ’n veertjie in hul hoed – selfs al het hierdie optrede daartoe gelei dat sy nie ’n spesiale kontantbedrag en die daarmee gepaardgaande beurs losge-slaan het nie.

Sy bly egter ’n nederige wenner.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.