Group W Properties vier 22 jaar

2018-05-31 06:00
< GroupW Properties vier vandeesmaand hul 22ste verjaardag. Die personeellede agter die sukses van die besigheid is (agter van links) Reynaldo Staunton, Andrew Bam, Fanie Loubser, Gerhard Liebenberg, (voor) Anna van Zyl, Lulama Sobikwa, Eunice Munnicks en Beatrice Viljoen.        Foto’s: MONIQUE BASSON

< GroupW Properties vier vandeesmaand hul 22ste verjaardag. Die personeellede agter die sukses van die besigheid is (agter van links) Reynaldo Staunton, Andrew Bam, Fanie Loubser, Gerhard Liebenberg, (voor) Anna van Zyl, Lulama Sobikwa, Eunice Munnicks en Beatrice Viljoen. Foto’s: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

GROUP W Properties in die Jowelu Centre in Jakarandastraat, Jeffreysbaai vier vandeesmaand hul 22ste bestaansjaar - 15 jaar daarvan in die bestaande gebou.

Dié toonaangewende besigheid is deur die bekwame en bekende sakeman Wernich Cronje gestig met die doel om ekonomiese groei in die dorp en omliggende gebiede teweeg te bring.

’n Doel waarin hy oor die jare geslaag het. Die groep spog tans met verskeie besigheidspersele en ’n toonaangewende aftreeoord plaaslik en nasionaal: Jeffreysbaai (die kern van hul besigheid), Humansdorp, Plettenbergbaai, Sedgefield, Port Elizabeth (waar een van hul grootste winkelsentrums is) en Burgersdorp.

Volgens Cronje is die bekende Garanzia Afreeoord 13 jaar terug op die been gebring. Die eerste fase spog met 30 eenhede, terwyl die tweede fase na voltooiïng 20 eenhede sal bied. Daar sal in totaal 100 eenhede wees.

Behalwe vir die oprigting en bestuur van besigheidspersele, fokus die groep nou op die toerismebedryf deur die bestuur en bemarking van die Jeffreys Bay Beach House en Pabala Private Nature Reserve net buite Hankey geleë.

’n Hoogtepunt is die onlangse gradering van Pabala, wat binnekort met 42 beddens spog, as ’n natuurreservaat.

“Ons fokus vir die volgende vyf jaar is die toerismebedryf, asook die verdere ontwikkeling van ons aftreeoord,” sê Cronje.

Besighede wat Group W Properties 15 jaar terug met hul openingspromosie by Jo-welu Centre ondersteun het, werk na meer as ’n dekade steeds nou saam met hulle.

Jowelu Centre

Die Jowelu Centre, regoor die Vrieskas, is op 1 Februarie 2003 deur Cronje geopen. Vandaar die unieke naam: ’n kombinasie van die name van sy gesin.

Die sentrum, gebou deur die bekende Johan Cronje Bouers, is tans die tuiste van Group W Properties en Ultimate Paints.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.