Haastige reaksie by brand

2018-02-08 06:01
Brandbestryders, die verkeersafdeling en lede van die Astonbaaise Belastingbetalersvereniging het die afgelope Dinsdag blitsig gereageer toe ’n brand agter huise in Dolphinrylaan, Astonbaai ontstaan en gedreig het.                                    Foto:VERSKAF

Brandbestryders, die verkeersafdeling en lede van die Astonbaaise Belastingbetalersvereniging het die afgelope Dinsdag blitsig gereageer toe ’n brand agter huise in Dolphinrylaan, Astonbaai ontstaan en gedreig het. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

BRANDBESTRYDERS, die verkeersafdeling en lede van die Astonbaaise Belastingbetalersvereniging het die afgelope Dinsdag blitsig gereageer toe ’n brand agter huise in Dolphinrylaan, Astonbaai ontstaan en gedreig het om nabygeleë eiendomme te beskadig.

Maandagmiddag reeds het ’n erge veldbrand in Para-dysstrand begin en rookwolke kon van vêr gesien word. Dinsdagmôre het die brand in Astonbaai skielik voorgekom en huise bedreig.

Louise Saayman wat ’n aktiewe rol in die welsyn van die dorpsgebied speel, het dadelik ingespring en verkeersvloei gestop. ’n Motor is naby die gebied se winkelsentrum dwars in die pad getrek en motoriste moes ompaaie na hul bestemmings volg. Ander lede was aktief saam met haar op die toneel.

Vroeër het lede van die publiek, waaronder Frik Barkhuizen en ’n ander inwoner, Peet, haastig `n brandslang in die hande gekry en aan die munisipale brandkraan oorkant die brandende area gekoppel.

’n Grasdakhuis naaste aan die brand is geteiken en die dak is deur strale water nat gehou om die gevaar van vonke hok te slaan. Hierna het ’n brandweerwa die brand agter die huise in bedwang gebring.

Barkhuizen meen die reaksietyd van die munisipaliteit was totaal onvoldoende, en dat die grootste brandge-vaar reeds verby was toe die brandweerwaens opdaag.

Volgens Ria du Toit, vroeëer ’n lid van die Dorp van Drome, het die huis langsaan die grasdakhuis aan die brand geraak en vlamme het onder die dak uitgeslaan.

Volgens Barkhuizen was Peet die held van die dag, omdat hy die brandslang moes vind en met moeite aan die munisipale brandkraan gekoppel het. Daarna is die vlamme onder beheer gebring.

Lede van die verkeersafdeling is toe ontplooi om verkeersbeheer toe te pas.

Die publiek word gevra om uit te kyk vir verdagte rondlopers wat met ’n onverskillige vuurhoutjie ernstige skade aan huise kan aanrig. Dit wil voorkom asof iemand met `n slypmasjien vonke veroorsaak het, moontlik vir die ontstaan van die brand verantwoordelik kan wees.

Volgens Barkhuizen was `n groot aantal huise in ge-vaar om aan die brand te raak.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.