Hankey: Familie het nie simpatie

2016-03-17 06:00
Die huis waar die verkoolde lyke van Claudia Antonie (41) en haar susterskind, Lukishia Plaatjies (6,) in Hankey aangetref is, staan steeds leeg. Roetmerke van die brand is steeds sigbaar. Ao. Andries Jacobs, ’n polisiebeampte van die Hankey-polisiekantoor, wat die saak ondersoek het, het gister die huis besoek.  Foto: THEO JEPTHA

Die huis waar die verkoolde lyke van Claudia Antonie (41) en haar susterskind, Lukishia Plaatjies (6,) in Hankey aangetref is, staan steeds leeg. Roetmerke van die brand is steeds sigbaar. Ao. Andries Jacobs, ’n polisiebeampte van die Hankey-polisiekantoor, wat die saak ondersoek het, het gister die huis besoek. Foto: THEO JEPTHA

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

FAMILIELEDE van die slagoffers van ’n dubbele moord in Hankey het geen simpatie gehad vir die beskuldigdes in die saak toe een van hulle in die hof begin huil het nie.

“Ons huil al twee jaar lank, dit is net reg dat hulle ook nou huil – dis in elk geval te laat vir trane,” het Linda Plaatjies, ouma en tannie van die twee vermoordes, gister hier voor die Hooggeregshof gesê.

Plaatjies se susterskind Claudia Antonie (41) en Lukishia Plaatjies (6), haar kleinkind, is op 3 Augustus 2014 dood in ’n brandende huis in Hankey aangetref.

Andrew Plaatjies (24), Elrico Plaatjies (25), Rina Pietersen (23), Arnold Potgieter (25), William Daniels (27), Neil Potgieter (25) en Leo-lynn Daniels (26) is op sewe aanklagte in hegtenis geneem waarop hulle skuld ontken het.

Regter Gerald Bloem het hul weergawes en die getuies wat hulle geroep het, verwerp weens die teenstrydighede daarin.

Hy het die weergawe van Melnories De Dare, ’n staatsgetuie, as die enigste aanvaar wat logies klink en met dié met die lykskouingsverslag ooreenstem.

Volgens De Dare se weergawe het die beskuldigdes ná ’n drinksessie Antonie se huis oopgedwing en verder gedrink.

Toe Antonie wakker word en die ongenooides uitjaag, het Neil Potgieter haar met ’n mes in die nek gesteek en sy broer, Arnold, haar met die agterkant van ’n panga geslaan, voorhulle haar om die beurt verkrag het.

Volgens die lykskouingsverslag is Claudia 12 keer in die nek gesteek en het sy in haar eie bloed verdrink.

Verder het De Dare getuig dat Lukishia wakker geword en histeries gehuil het toe sy sien wat met Claudia gebeur het.

William Daniels het Lukishia gegryp en na die kamer gesleep waar hy haar verkrag het. Andrew Plaatjies, Elrico Plaatjies en Leolynn Daniels het Lukishia ook verkrag.

Die verkragting van die meisie is met die lykskouingsverslag bevestig.

Ná die verkragtings het Rina Pietersen paraffien in die kombuis gaan haal en in die sitkamer en slaapkamer uitgegooi.

Bloem het om dié rede Pietersen aan Lukishia se moord skuldig bevind, aangesien die lykskouingsverslag die oorsaak van Lukishia se dood as rookinaseming bevestig het.

Pietersen het hierna in die beskuldigdebank begin huil.

Familielede van die slagoffers het buite die hof gesê hulle is tevrede met die uitspraak.

“Om hier te sit en die hele voorval in die ergste en rouste detail te hoor, laat my voel asof dit vandag gebeur het. Maar gelukkig is die moordenaars skuldig bevind,” het Linda gesê.

Lucia, ma van Lukishia, het gister kort-kort die hof verlaat wanneer die regter oor die verkragting en oorsaak van haar dogter se dood gepraat het. Sy was baie emosioneel toe sy gesê het, “dit is nie een oomblik maklik om hier te sit en vir hulle (die beskuldigdes) te kyk nie”.

Ook lede van die ANC-vroueliga het gister die hofsitting bygewoon om hul steun aan die slagoffers se familie te toon. “Ons is hier om Claudia en Lukishia se familie te help. Ook is ons hier om te sien dat die skuldiges wat vroue soos ek en jy bang maak om vry te leef, agter tralies beland,” het Cathy Matikane van die vroueliga gesê.

Bloem het die saak tot 13 Junie uitgestel vir voorvonnisverslae. Al sewe word aangehou.

Die aanklagte en die uitspraak

. Aanklag 1 – Huisbraak: Al sewe beskuldigdes is skuldig bevind.

. Aanklag 2 – Betreding: Al sewe skuldig.

. Aanklag 3 – Verkragting van Claudia Antonie: Arnold Potgieter en Neil Potgieter is skuldig bevind.

. Aanklag 4 – Verkragting van Lukishia Plaatjies: Andrew Plaatjies, Elrico Plaatjies, William Daniels en Leolynn Daniels is op die anklag skuldig bevind.

. Aanklag 5 – Moord op Claudia Antonie: Arnold Potgieter en Neil Potgieter is albei skuldig bevind.

. Aanklag 6 – Moord op Lukishia Plaatjies: Rina Pietersen is op die klag skuldig bevind.

. Aanklag 7 – Regsverydeling: Rina Pietersen is op die aanklag skuldig bevind, omdat sy die huis aan die brand gesteek het om die bewyse te vernietig.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.