Hazel Grové se motor-spa in Jeffreysbaai floreer

2018-10-18 06:01
Hazel Grové. Foto:VERSKAF

Hazel Grové. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MOTOR-entoesias? Lief vir aksie? Nuuskierig om te sien hoe ’n motor gepamperlang word?

Gaan loer dan onder in die maag van die Equinox-winkelsentrum waar Hazel Grové se Super Kleen Car Wash sake doen. Sy het in Maart 2018 ’n berekende sprong gewaag en be-heer sedertdien haar besigheid in die kelderverdieping van Equinox nadat sy die wassery by die vorige eienaar gekoop en begin uitbrei het.

Sy en haar man het na ’n egte Jeffreysbaai-vakansie in 2016 net effens gewik en weeg voordat hulle binne drie dae Pongola verlaat het waar hy as mede-eienaar van ’n Toyota-tak en sy as boekhouer vir ’n groot boerdery gewerk het. Na ’n vakansie in Para-dysstrand het hulle binne drie dae die groot skuif gemaak en in dié woongebied kom nesskop.

Met haar ervaring in die sakesektor was dié moeder van ’n vyftien- en ’n agtjarige seun se oë wyd oop om hier sake te doen en terselfdertyd aan die vriendelike dorp se inwoners ’n diens te bewys. Toe die destydse eienaar die wassery wou verkoop, was Hazel feitlik dadelik gereed en het sy as nuwe eienaar haar stempel begin afdruk.

Die onderdak-konsep het in haar kraal gepas en sy het besluit om ’n diens aan te bied wat gelukkige motoriste tevrede sou laat wegry en weer laat terugkeer. Sake het stil begin, maar haar dryfkrag en beslist-heid om die beste diens te lewer, het gou vrugte afgewerp toe haar klante-tal begin groei. Die plek se ligging is ideaal: terwyl hul motors onderdak versorg word, het motoriste geleent-heid om sake in die sentrum te doen en selfs iets te ete te geniet. Met be-kende handelsname daar gevestig, was die sentrum nommerpas vir ’n eenstop-sakebesoek.

Tans word motors onder haar be-kwame leiding deur dertien knap werkers versorg. Motors word met die hand gewas, gepolitoer, uitgesuig en binnekant versorg - afhangende van watter pakket jy verkies.

Daar is die wassers en drie dames wat onderskeidelik oor die vloer aangestel is, boekhouding behartig en ’n besige ontvangskantoor beman. In hierdie byenes waar met ywer en toewyding gewerk word, poog die nuwe eienaar om gedurig te verbeter. Daar is ’n aangename wagkamer met TV en baie leestof.

Hazel glo as jou motor skoon is, voel jyself ook sommer ontspanne en selfversekerd. Hou dié ruimte dop: die nuwe eienaar belowe sinvolle verandering en klant-vriendelike verbeterings.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.