Hel toe en terug per fiets: dis vasbyt of sneuwel

2015-11-26 06:00
; Marius Meyer van Jeffreysbaai was een van meer as 300 bergfietsryers wat onlangs aan die twee-dag uitmergelende Hel-toe-en-terug-uitdaagwedren deelgeneem het. Saam met Meyer (regs) is sy skoolvriend Jaco Witsche (links) en Ettiene Broodryk. Foto: V

; Marius Meyer van Jeffreysbaai was een van meer as 300 bergfietsryers wat onlangs aan die twee-dag uitmergelende Hel-toe-en-terug-uitdaagwedren deelgeneem het. Saam met Meyer (regs) is sy skoolvriend Jaco Witsche (links) en Ettiene Broodryk. Foto: V

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

OM teen ’n steil afdraande wat skynbaar nooit ophou nie, af te jaag met net jou bergfiets tussen jou, ’n klipperige grondpad en afgronde, sit nie in elkeen se broek nie. Veral nie as jy weet dié pad lei Hel toe nie!

Marius Meyer van Jeffreysbaai was een van meer as 300 bergfietsryers wat onlangs aan die twee-dag uitmergelende Hel-toe-en-terug-uitdaagwedren oor 120km in die Swartberg-natuurreservaat in Gamkas-kloof deelgeneem het.

“Om eers doodsveragtend in ’n kloof af te jaag en daarna tande-knersend uit te beur oor 120km, gaan sit nie in ’n mens se saal nie,” sê Meyer wat vanjaar vir die eerste keer deelgeneem het.

“Die wegspring by die De Hoek-vakansieoord, sowat 700m bo see-vlak en 6km van die Kango-grotte buite Oudtshoorn, was ’n droom in vergelyking met wat voorgelê het. Na die eerste 4km van teerpad, het ons op ’n grondpad afgedraai – hier begin die ongelyke enkelbaanpad vol gate en jy sukkel om momentum te behou.”

Dan kom die steil 18km teen die Swartbergpas, 1 560m bo seevlak. En net wanneer hy gedink het hy kan weer asem skep, maak die pad sonder enige waarskuwing skerp draaie. Rivierlope van onbekende diepte en onsigbare hindernisse het vir vele naelskraap situasies ge-sorg.

Na etlike ure en met elke spier wat pyn en kramp, doem die gevreesde Heart Break Hill op.

“Die naam sê alles. Dit is ’n plek vir vasbyt of sneuwel, trap of stap. Op sy steilste treiter die bult jou met ’n bordjie wat sê: Cowboys don’t push, they cry,” vertel Meyer.

“En stap het ek gestap. Dit vat ’n man om ’n fiets te stoot. Ek het dit sterk oorweeg om my fiets op die lorrie, wat ons bagasie ver- voer, te laai en Sondag saam met hulle terug te kom.”

Dan is dit vir die laaste paar kilometers van afdraand Hel toe. “Dit is toe nie so maklik om in die Hel te kom nie,” sê hy laggend.

Na die einstreep van dag een volg stories uitruil, stort, herstelwerk en iets vir die honger en dors.

Vroeg die volgende oggend was dit weer terug in die saal – seer lyf en al.

As dag een my geleer het dit is nie so maklik om in die Hel te kom nie, het dag twee my oortuig dit is nog moeiliker om daaruit te kom. My uithouvermoë was tot breekpunt getoets. Ek kan nie onthou hoeveel keer ek dit oorweeg het om vir die sweeper langs die pad te wag nie,” sê Meyer. “Ek het later ophou tel hoeveel keer ek my fiets gestoot het – my bene wou net nie meer nie.”

Hy het die eindstreep gehaal ná 10 uur en 19 minute in die saal as 42ste in sy kategorie.

“Ek weet nie hoe ek dit reggekry het nie. Ek weet net ek het getrap en getrap ... Die naam van die wedren sê als, dit was hel – vir my altans,” sê Meyer.

Maar hy is vasbeslote om dit volgende jaar weer te doen, en die keer sy tyd met ’n uur te verminder.

“Dit is ’n onvergeetlike ervaring. Die natuurskoon is ongelooflik.”

. Gamkaskloof (ook bekend as Die Hel) is ’n natuurreservaat en nasionale gedenkwaardigheid wat in ’n afgeleë vallei in die hartjie van die Swartberge tussen Prins Albert en Oudtshoorn lê. Die Hel-toe-en-terug-uitdaagwedren is in 1995 begin deur Wicus Van der Walt en John Sharples begin toe hulle aan die Kaapse Natuurbewaring verbonde was.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 best dressed men of 2017

And the awards for 2017's best dressed gentlemen go to...

 
 

You won't want to miss...

How to open a beer bottle without an opener
WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.